Luister: ‘Walking for Lions’ bepleit die bewaring van Afrika se laaste wilde leeus


Walking-for-Lions

Die organisasie, Walking for Lions, beywer hulself vir die bewaring van Afrika se wilde leeus. Foto: Walkingforlions.org

In 2014 het Wes-Afrika aangekondig dat hulle minder as 250 wilde leeus oor het. Afrika se laaste wilde leeus staar uitwissing in die gesig en dit kan so gou as binne die volgende 10 jaar gebeur. Gelukkig is daar een organisasie wat hulself beywer vir die bewaring van die koning van die diere: Walking for Lions.

Marnus Roodbol, stigter en bestuurder van die organisasie, het in die ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor die projekte wat hulle hierdie jaar aanbied om wilde leeus in Afrika te beskerm. Roodbol vertel ook meer oor hierdie suksesvolle projek en verduidelik hoe jy betrokke kan raak by die bewaring van hierdie uitsonderlike roofdier:

  • Lesers en luisteraars kan Walking for Lions ondersteun deur hul gala-ete op 27 Maart by die Aviator-hotel in Kempton Park by te woon. Stuur ʼn epos aan Natasha by [email protected] vir meer inligting of besoek www.walkingforlions.org

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lia Bornman ·

Fantastiese onderhoud – ongelukkig hoor nie die ‘regte’ mense hierdie uitsendings nie. As mense net R10 per maand kan gee vir hierdie positiewe werk wat seker BAIE geld kos – ‘n nie-winsgewende maatskappy is nie ‘n grap as jy jou passie wil uitleef om ons koning van die diere te red. Ek gaan verseker luist na die gala-aand – ek sien selfs Bidvest is betrokke. Dis tyd dat groter manne help met finansies/volunteers om regtig ‘n idee te kry wat hier aan die gang is. Baie jammer dat meer uitlanders ‘n groter passie het vir ons wilde diere as die normale Suid-Afrikaner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.