Ma in wolke oor lugwaardin se hulp

Mavis en Imogen (Foto: Facebook)

ʼn Vriendelike SAL-lugwaardin op ʼn vlug van New York na Johannesburg het Woensdag uit haar pad gegaan om ’n ma te help met haar baba sodat die ma haar kos kon eet.

Kate Whalley-Hands, ʼn passasier van Durban wat nou in Toronto in Kanada woon, was op dié vlug van 15 uur toe Mavis, die lugwaardin, haar baba, Imogen, op haar rug vasgebind het terwyl sy die res van die passasiers bedien het.

“’n Vlug van 15 uur is nooit ʼn maklike taak vir ʼn ouer wat dit alleen aanpak nie. Ek het ʼn massiewe ‘trots Suid-Afrikaanse oomblik’ gehad toe Mavis (op my SAL-vlug van New York na Johannesburg) vir Imogen uit my arms geneem het en haar op haar rug vasgemaak het, en toe aangehou het om die res van die mense te bedien sodat ek my maaltyd kon geniet,” het Whalley-Hands op Facebook geskryf.

“Vyftien minute later het sy teruggekom na my sitplek toe met Immy vas aan die slaap.”

Mense het in die kommentaar van dié plasing laat hoor hoe dié voorval hulle trots maak om  Suid-Afrikaners te wees.

“Wow. Om stories soos dié te lees, laat my na die huis verlang. ʼn Pragtige gebaar,” het een geskryf.

Mavis dra vir Imogen op haar rug terwyl sy die ander passasiers bedien (Foto; Facebook)

“Dit is vaardighede wat slegs ʼn ware Suid-Afrikaanse lugwaardin sal hê! Viva Suid-Afrika,” het ʼn ander geskryf.

“Mavis, jy gee vir alle Suid-Afrikaners hoop. ‘You go girl’, jy is ʼn uitstekende ambassadeur,” het kommentators aangehou.

Whalley-Hands het dié inskrywing met ʼn foto van Mavis en Imogen op Facebook gedeel. Dié plasing het sedert gister reeds meer as 5000 “likes” op Facebook gekry, dit is ook al meer as 1 300 keer gedeel.

“Mavis, dankie dat jy so ’n ‘rockstar’ is. Ek waardeer jou,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Louise ·

Pragtige voel-goed storie, dankie vir hierdie een in ‘n honderd. Mavis verdien om erkenning te kry, want sy gaan die ekstra myl. Baie mooi gedoen!

Dee Bradley ·

Voorwaar n voorbeeld vir ander. Mavis ek hoop jy is aan diens op my volgende lang vlug wabt my vorige vlug was daar ten minste 5 skreeuende babas wat almal se vlug uiters onaangenaam gemaak het.

Aletta ·

Aaaaaaaw mammas, dis so kosbaar!! Wat n trots Suid-Afrikaanse oomblik! Wat n goedvoel storie!!!
Wat is nou lekkerder om só aan die slaap te raak! Hemels!

Mien ·

Dit is voorwaar iets om oor te glimlag. Dankie dat julle dit geplaas het.

Anmar ·

Dis gebare soos hierdie wat ons stukkende land weer heel sal maak. Mag elkeen wat dit lees, aangesteek word om iets soortgelyks te doen.

Koos ·

SAA hoort nie meer in die lug nie! Dalk moet hierdie bankrot geldslurpende redery eerder in ‘n kleuterskool omskep word? Mavis vir skoolhoof!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.