Maak jou eie boekmerk vir ʼn boekwurm

Vakansietyd word gebruik om luilekker te ontspan en daardie boek te lees waarvoor jy die hele jaar nie tyd gekry het nie.

Wat het jy nodig?

Mooi dik lint (ongeveer 40 cm lank) ons het ʼn linnelint met ʼn gedrukte patroon op gebruik.

Magneetvel

Kunsgom

Skêr

Bybel of boek of dagstukkieboek (opsioneel)

Wat om te doen?

  1. Sny die magnete in ʼn blok so breed soos die lint en 5 cm lank.
  2. Plak die magnete aan die punte van die lint met kunsgom vas. (Sorg dat die onderkant van die lint bo-oor die magneet geplak word en die hele magneet netjies bedek is.)
  3. Laat dit goed droog word. Vou nou die twee punte van die boekmerk om die bladsy wat gemerk word sodat die magnete die boekmerk in posisie hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.