Maak jou eie brandsous vir Pa

Is jou pa ʼn ware man? Hierdie brandsous is bedoel vir ʼn ware man wat ʼn warm sousie kan waardeer. Nie vir sensitiewe monde nie!

Wat het jy nodig?

100 g rissies

500 g suiker

500 ml asyn

250 ml water

2,5 ml sout

Wat om te doen?

  1. Spoel die rissies goed af onder kraanwater en kap hulle op in kleiner stukkies.
  2. Kook die gekapte rissies saam met die water en asyn in ʼn kastrol met ʼn deksel op vir ongeveer 30 minute oor matige hitte (die deksel verhoed dat te veel van die vog verdamp en die rissies droog kook).
  3. Versap die gekookte rissie-mengsel met ʼn handversapper tot verlangde sousdikte (sommige mense hou van ʼn gladde tekstuur en ander weer van stukkies in hulle sous).
  4. Gooi nou die suiker en sout by die versapte rissie-mengsel en laat prut vir ongeveer 10 minute tot ʼn dik sous.
  5. Bottel en verseël die sous warm in gesteriliseerde bottels (die sous sal verder verdik sodra dit begin afkoel).
  6. Versier die afgekoelde bottel sous met ʼn persoonlike etiket, lint of tou en ʼn vars of gedroogte rissie.

Nota:

Hierdie resep maak ongeveer 750 ml sous.

Sommige rissie‑variteite verkleur groen sodra die kookproses begin. Die rissie‑variteit wat ons in die resep gebruik het, het sy mooi helderrooi kleur behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.