Maak jou eie gedigte-kussingsloop vir ʼn slaapkous

Wat het jy nodig:

ʼn Kussingsloop

Materiaal‑merkpen

Maskeerband

Wat om te doen:

Merk spasies op die kussing uit met maskeerband sodat jy jou woorde mooi kan spasieer.

Skryf jou gunsteling gedig op die kussing.

Wenke:

Gebruik ʼn potlood om eers die gedig liggies op die kussingsloop te skryf en dan later met ʼn uitveër uit te vee OF maak ʼn fotostaat van die gedig en plaas dit in die middel van die kussingsloop sodat dit kan deurskyn. Indien die kussingsloop met die gedrukte gedig teen ʼn venster gehou word, sal die letters mooi sigbaar wees en kan die woorde maklik nagetrek word.

ʼn Ligte kleur kussingsloop vertoon mooi indien met ʼn swart pen daarop geskryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.