Het Ouma laat weet sy kom kuier? Is julle opgewonde om haar weer te sien? Verras haar gerus met hierdie pikante badsout-kolwyntjies om haar kuier vanjaar sommer ekstra spesiaal te maak.
Wat het jy nodig (vir ongeveer 4 badsout-kolwyntjies)
800 g growwe sout
100 g Engelse sout
100 g koeksoda
geursel
kleursel
gedroogde roosblare (opsioneel)
4 plastieksakkies
4 kolwyntjiehouertjies
versierings
Wat om te doen:
- Meng die growwe sout, Engelse sout en koeksoda goed saam.
- Voeg nou ʼn paar druppels geursel, kleursel en die roosblare by en meng weer goed.
- Voeg gelyke dele van die badsoutmengsel in die 4 sakkies (ongeveer 200 g elk).
- Plaas die sakkie met badsout versigtig in die kolwyntjiehouertjie.
- Bind stewig toe met ʼn strik.
- Versier met ʼn strikkie of rosie deur dit vas te plak met ʼn gomgeweer.