Maak jou eie kolwyntjie-badsout

Het Ouma laat weet sy kom kuier? Is julle opgewonde om haar weer te sien? Verras haar gerus met hierdie pikante badsout-kolwyntjies om haar kuier vanjaar sommer ekstra spesiaal te maak.

Wat het jy nodig (vir ongeveer 4 badsout-kolwyntjies)

800 g growwe sout

100 g Engelse sout

100 g koeksoda

geursel

kleursel

gedroogde roosblare (opsioneel)

4 plastieksakkies

4 kolwyntjiehouertjies

versierings

Wat om te doen:

  1. Meng die growwe sout, Engelse sout en koeksoda goed saam.
  2. Voeg nou ʼn paar druppels geursel, kleursel en die roosblare by en meng weer goed.
  3. Voeg gelyke dele van die badsoutmengsel in die 4 sakkies (ongeveer 200 g elk).
  4. Plaas die sakkie met badsout versigtig in die kolwyntjiehouertjie.
  5. Bind stewig toe met ʼn strik.
  6. Versier met ʼn strikkie of rosie deur dit vas te plak met ʼn gomgeweer.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.