Maak jou eie lekkergoed-pizza

Baklei jy en jou ouboet gereeld oor die laaste stukkie pizza? Maroela help jou om hom te verras met sy eie lekkergoed-pizza!

Wat het jy nodig:

Koekiedeeg wat maklik kan uitrol

Verskeidenheid gekleurde lekkergoed

Koninklike versiersel (Engels: Royal icing)

1 eierwit

375 ml versiersuiker

2,5 ml kremetart

Wat om te doen:

  1. Rol die koekiedeeg uit en sny ʼn sirkel uit die deeg (ons het ʼn Maroela-blikbord gebruik).
  2. Sny pizzaskywe met ʼn pizzaroller en plaas op ʼn gesmeerde bakplaat.
  3. Bak die pizzaskywe in ʼn voorverhitte oond by 180 °C vir ongeveer 12 tot 14 minute. Laat dit goed afkoel.
  4. Maak die koninklike versiersel soos volg: Klits die eierwit, versiersuiker en kremetart tot ʼn gladde blink kleur. Plaas die versiersel in ʼn versiersakkie met ʼn klein ronde gaatjie.
  5. Versier nou die rante van die pizzaskywe met die koninklike versiersel.
  6. Versier die res van die pizza met die lekkers van jou keuse.

Wenk:

Om die lekkergoed-pizza ekstra spesiaal te maak, verpak dit in ʼn pizzaboks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.