Het jou Kersboom sy “glinster” verloor of is julle dalk opsoek na ʼn nuwe vars en eetbare idee om die Kersboom die jaar te versier?
Wat het jy nodig?
Onversierde deurskynende Kersfeesballe (verkrygbaar by die meeste kunswinkels)
Gekleurde lekkers (verkieslik kleure wat by die Kersfeestema pas)
Tou om dit mee op te hang
Lint (opsioneel)
Wat om te doen?
- Vul die Kersfeesballe met die gekleurde lekkers en verseel die twee kante met ʼn stukkie deurskynende kleefplastiek.
- Bind ʼn toutjie aan die bal sodat dit daaraan kan hang.
- Opsioneel – bind ʼn bypassende kleur lint aan die bal om ʼn strik te vorm.
Ander idees:
Ons het in ʼn paar van die balle eetbare goue blinkers gesit met ʼn paar miniatuur malvalekkers. Versier met ʼn gepaste kleur lint.
Die lekkers kan op Kersdag geëet word of gebruik word vir onvoorsiene gaste vir wie daar nie ʼn geskenkie onder die boom is nie.
(Bêre gerus die leë balle vir toekomstige projekte soos badbomme en tuisgemaakte sjokoladeballe).