Maak jou eie pepermente vir Ouma

’n Ouma kan sien wat niemand anders sien nie want sy sien met haar hart en nie haar oë nie. Haar liefde is onbeskryflik, haar drukkies warm en sag soos haar lyf en haar woorde altyd opbouend met ʼn asem wat ruik na pepermente.

Wat het jy nodig?

250 g versiersuiker

40 ml room

10 ml pepermentgeursel

groen koskleursel

waspapier

Wat om te doen?

  1. Sif die versiersuiker in ʼn bak en roer die room en geursel by.
  2. Meng die mengsel goed.
  3. Knie die mengsel tot glad en tot dit soos deeg voel (voeg nog ʼn bietjie room by indien die mengsel te droog is).
  4. Verdeel nou die mengsel in twee. Kleur die een deel met groen koskleursel en hou die ander deel wit.
  5. Meng die twee kleure liggies en rol die deeg in klein bolletjies – ongeveer 60 (probeer vinnig werk aangesien die mengsel gou begin uitdroog).  Laat die bolletjies oornag op waspapier staan om uit te droog en hard te word.
  6. Verpak die pepermente in ʼn mooi glasbottel of papierboksie en versier met ʼn lint en ʼn persoonlike kaartjie. (Ons het ʼn ou koffiebottel gebruik en versier.)

Wenk:

Hierdie pepermente word nie kliphard nie, maar behou ʼn sagte “smelt-in-die-mond”‑tekstuur. Ideaal vir iemand wat nie harde lekkers wil kou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.