Maak jou eie vingerpoppies

vingerpoppies-1Hierdie vingerdiertjies is baie oulik en perfek om die jongspan mee besig te hou die vakansie. Volg hierdie stappe om die varkie te maak.

 

Wat het jy nodig?

oorskietstukkies materiaal en vilt

bypassende gare

knopies

karton

handwerkgom

 

  1. Maak eers ʼn kartonpatroon. Teken om jou vinger, maar las omtrent 1 cm aan, waarvan 0,5 cm vir die nate is. Knip dit uit die karton.
  2. Vou ʼn stukkie materiaal dubbel, met die regte kante teen mekaar. Trek die patroon daarop oor en knip dit uit. Vou elk van die twee stukkies se onderrand in en stik dit in. Sit die stukkies weer op mekaar met die regte kante teen mekaar en speld dit so vas.
  3. Knip nou die varkie se ore en arms uit vilt. Skuif die viltdele tussen die twee lae materiaal in met hul onderrand gelyk met die materiaal se buiterand en stik om die lyfie met ʼn 0,5 cm-naattoelating. Maak seker die dele word saam in die naat vasgestik. Dop die lyfie na die regte kant om.
  4. Knip ʼn materiaalsirkel vir die gesig, plak knopies vir die oë en snoet daarop vas en plak die gesig bo-aan die lyfie vas. Maak ook ʼn uiltjie, olifant, beertjie en hasie deur met die gesiggies rond te speel.

Bron: Idees Geskenke 2 van NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.