Maak jou eie warm sjokoladebederf vir Oupa

Daar word gesê: “ʼn Oupa is baie ryk, want hy het silwer in die hare en goud in die hart.” Daar word egter nooit vertel ʼn oupa is amper net so lief vir soetgoed soos vir sy kleinkinders nie!

Maroela Media wys jou hoe om Oupa se soettand te bederf met ʼn warm melksjokoladedrankie net voor slaaptyd.

Wat het jy nodig:

Smeltsjokolade van goeie gehalte

Klein malvalekkers

Houtteelepels/plastiekstokkies

Sjokoladevorm

Wat om te doen:

  1. Smelt bietjies sjokolade op ʼn slag by 100% krag in die mikrogolfoond – 30 sekondes op ʼn Roer en mikrogolf weer vir 30 sekondes.
  2. Keer die warm sjokolade in die vorms.
  3. Druk die houtteelepels in die sjokolade. Hou die lepel regop en druk die malvalekkers in rondom die lepel. Verkoel in die yskas tot hard. Verwyder uit die vorms en verpak tot Oupa sy opwagting maak.

Hoe om die warm melksjokolade te maak:

  1. Verhit 200 ml melk en roer die sjokoladelepel in die melk tot al die sjokolade en malvalekkers opgelos is.

Wenk:

Wit sjokolade kan ook gebruik word en smaak net so lekker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.