Maak skoon en gee vir behoeftiges

Foto: Verskaf

Met die aanbreek van die lente is dit nou ideale tyd vir elke huishouding se jaarlikse lente-skoonmaak.

Solidariteit Helpende Hand het tans 28 skenkingswinkels, genaamd Ons Winkels, landwyd. Met ’n heenkome vir alles wat in die pad staan, maak dié winkels dit vir die publiek maklik om aan die werk te spring en weer orde in hul kaste te skep.

“Die doel van die Ons Winkels-konsep is om skenkings van alles wat oorbodig is uit die gemeenskap in te neem. Behoeftige mense wat kwalifiseer word met dié skenkings gehelp en die res van die voorraad word verkoop,” sê Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

“Die geld wat met die verkope van dié tweedehandse ware ontvang word, word gebruik vir gemeenskapsprojekte en vir studiefondse vir behoeftige kinders.”

Foto: Verskaf

Klere, kombuisware, speelgoed, elektriese toerusting, meubels en linne kan na die Ons Winkels geneem word.

Noëth verduidelik Helpende Hand het ’n deeglike proses waarvolgens gesinne wat aanklop vir hulp eers behoorlik geassesseer word waarop Helpende Hand dan besluit hoe en of die gesin gehelp kan word.

“As ons voel die gesin of individue kan en wil uit sy omstandighede kom, help ons graag. Die res van die skenkings verkoop ons sodat ons byvoorbeeld kleuters in die skool kan sit, behoeftige studente se studies kan betaal of bejaardes kan voed en trakteer. Jou tweedehandse items kan hoop bring vir ander,” sê Noëth.

Vir ’n volledige lys van Ons Winkels, bel 012 644 4390 of besoek www.helpendehand.co.za/takke.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dankie ·

Dankie vir die uitstekende projek. Mag julle in oorvloed ontvang, en so baie mense help.

Veritas ·

Kan julle nie ‘n lys plaas van adresse van die winkels nie? Dit gebeur gereeld dat ons iets goeds het wat oorbodig geraak het en weet dan nie waarheen daarmee nie. Dankie.

Fantastiese idee ·

Mens is geneig om goed weg te gooi wat i jou pad is. Nou kan dit iewersheen gaan en weer n huis kry.

En wie gee om vir “wie” dit gegee word? Hierdie suur mense moet ophou kerm – JUST BE A BLESSING TO SOMEONE of hulle dit verdien of nie …. jy sal dalk net sien hoe JOU dag verbeter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.