Man wat kind red word beloon vir heldedaad

Die man is sedert die video aan die lig gekom het op sosiale media as Vincent Cosa geïdentifiseer. (Foto: Twitter via @Abramjee)

Die man wat verlede week ʼn seun uit die onstuimige Jukskeirivier in Alexandra in Johannesburg gered het, gaan vir sy heldedaad vereer word.

Vincent Cosa het versigtig oor die pyp beweeg na die middel waar die kind bokant die vinnigvloeiende water vasgekeer was. Hy het die kind gehelp om agter hom te sit en met sy arms en bene om sy lyf vas te hou, terwyl hy stadig weer oor die pyp na die oewer en veiligheid beweeg het. Juigende toeskouers kan in die agtergrond van die video gehoor word.

Die private sekuriteitsmaatskappy Vision Tactical wou graag vir Cosa vereer vir sy heldedaad, en het hom vinnig opgespoor met die hulp van die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Nkosi Malobane.

Yaseen Theba, direkteur van Vision Tactical, het aan Maroela Media gesê hulle wou Cosa vereer omdat hy nie net nog ʼn toeskouer van ʼn tragedie was nie.

Nkosi (links), Cosa (middel) en Theba (regs) saam met die seun. (Foto: Facebook)

“Ons sien soveel keer dat mense hul selfone uithaal en afneem wat gebeur, in plaas daarvan om te help. Meeste mense sal net hul selfoon uitpluk, en ons sal altyd die mense vereer wat eerder byvoorbeeld help om die vuur te blus, eerder as om die vuur af te neem. En Vincent is só ʼn soort mens; hy het sy lewe in gevaar gestel om ʼn angsbevange kind te help,” het Theba gesê.

“Daar is soveel negatiewe dinge in die wêreld, maar daar is ook mense soos Vincent, en baie ander Suid-Afrikaners wat uit hul pad sal gaan om iemand te help wat hulle van geen kant af ken nie, en ons wil hulle vereer. Ons wil ʼn bohaai oor hulle opskop, sodat mense van hulle kan hoor.”

Theba het gesê Vision Tactical wil eerstens help om Cosa se persoonlike probleme te takel.

“Ons het weer saam met Vincent na die rivier toe gegaan, en ons het geluister na sy probleme. Hy het oopgemaak oor sy persoonlike struikelblokke, so ons het besluit om eers sy persoonlike en finansiële probleme te help oplos,” het hy gesê.

Verder is Theba en Malobane ook in verbinding met Cosa om vir hom ʼn werk te kry. Theba het gesê Cosa het veral ʼn passie om aktief by sy gemeenskap betrokke te wees.

“Voor ons vir hom ʼn werk kan soek, moet ons eers sy dokumente agtermekaar kry, want dit is nie gereed nie. So ons help hom daarmee en gee hom raad en bystand oor wat om te doen,” het Theba gesê.

Nkosi Malobane praat met die seun oor wat geberu het (Foto: Facebook)

Volgend Theba was Cosa oorweldig deur al die reaksie wat hy gekry het oor sy heldedaad.

“Soos wat hy in sy gemeenskap stap klap mense vir hom hande en fluit, ek dink dit gaan vir hom ʼn tydjie neem om werklik te reflekteer oor wat hy gedoen het. Hy het vir my gesê hy het net sy instinkte gevolg. ‘Ek is ʼn pa, dit kon my kind gewees het,’ het hy vir my gesê.”

Theba het gesê hy dink nie Cosa besef al die impak wat hy gemaak het op sy gemeenskap en op daardie kind se lewe nie.

“Ons is geïnspireer deur wat Vincent gedoen het, want jy sien dit nie aldag nie. Ons moet meer geraas maak oor hierdie soort goeie stories. Daar is baie wat sleg is daar buite, en daar gaan altyd wees, maar ons moet die goeie vier en daarop fokus. Ek wil mense laat hoor van dié soort goeie mense, want dis húlle wat lewens verander,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

sweis ·

Die man kan glo nie engels praat nie ,ek dink daar moet eers vasgestel word of hy wettig in die land is voor hy oorlaai word met goud,smirre,wierook en n werk.

GM ·

Hy is dalk onwettig in die land, maar daar is ‘n gedeelte van my wat voel ek lewe eerder saam met ‘n klomp onwettige immigrante wat goeie dade doen, as ‘n klomp wettige burgers wat bose harte het.
Die ander gedeelte van my voel weer mens kan nie onwettig in ‘n land gaan afpak, op ander se belastinggeld leef, ander van werk ontneem en dan een goeie daad verrig om die verkeerd reg te maak nie. Om hom nou met geld te gaan oorlaai, is ook nie die oplossing nie. Gee eerder vir hom werk as hy in die land mag aanbly, en laat hy vaardighede aanleer van hoe hy die gemeenskap kan help -as dit is wat hy graag wil doen.

ZET ·

Ek stem saam. Die blanke boere in Zim word alweer van hul plase af gejaag, waarom
moet ons en die res van die wereld hul burgers onderhou en vol stop?

brens ·

Dankie vir n mooi storie Maroela. Ek hoop van harte hul kan hom help; ek raak party dae so siek en sat vd mense wat net negatiewe dinge kan antwoord! liewe jimmel man! welgedaan Vincent!

Ilse van Straaten ·

Wonderlike dapper daad.
Ek kan nie help om te wonder hoe die seun daar beland het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.