MansGenoeg!-oggend: ʼn Oproep tot waagmoed, dapperheid

(Grafika verskaf)

Die wêreld het godvresende mans nou nodiger as ooit tevore. Manne wat sal opstaan en die leiding kan neem by die huis, kerk, werk en in die gemeenskap.

Paulus sê in 1 Korintiërs 16:13: “Wees waaksaam, staan vas in geloof, wees manmoedig, wees sterk!”

Dit is ʼn oproep tot waagmoed en dapperheid. Om mans genoeg te wees! Om sterk en moedig te wees, maar sonder ʼn masker van valse krag en bravade.

Ten spyte van wat die wêreld as manlikheid voorhou, glo ons nie dit beteken om arrogant of dominerend te wees nie.

Dit beteken veel eerder dat ʼn man gedissiplineerd sal wees in sy geloof. So ʼn man is eerlik, hardwerkend en sorg vir sy gesin. Hy is nie bang om ʼn standpunt in te neem en God te volg nie.

Dit is nou die tyd. Staan op en ontdek wie Hy wil hê jy moet wees. Wees sterk en moedig, maar sonder ʼn masker van valse krag en bravade. Erken jou swakhede en beperkings terwyl jy terselfdertyd jou krag vind in geloof en opregte liefde.

Staan vas en vertrou God as jou bron van moed en krag. Soek wysheid en ʼn dieper geloof in die Woord en wees terselfdertyd op die aanval en op die verdediging vir Hom.

(Grafika verskaf)

Staan uit en aanvaar jou verantwoordelikheid in die gemeenskap. Dien jou gesin, beskerm jou geliefdes en neem standpunt in Christus.

Die tema vir die geleentheid is: Staan op, staan uit, staan vas.

Kom geniet die oggend saam met ons of stuur jou man. Die MansGenoeg!-oggend vind op Saterdag 30 Julie, van 9:00 tot 12:00, by NG Moreletapark-gemeente plaas. Registrasie kan van 08:00 die oggend gedoen word of skakel sommer aanlyn by die geleentheid in.

(Grafika verskaf)

Moenie dat die man in jou lewe dié persoonlike groeigeleentheid misloop nie!

Die MansGenoeg!-oggend is elke man se persoonlike groeigeleentheid van die jaar. Die sprekers waarna jy kan uitsien, is die lewensafrigter Jannie Putter, die besigheidsafrigter Johan Beukes en die sakeman Wouter Snyman. Die avonturier Francois Chapman is ons gasheer én ook deel van die program.

Dit is ook ʼn geleentheid om vir ʼn goeie saak te gee, want 10% van die kaartjieverkope word aan Helpende Hand se #HelpJag-projek geskenk. Dankie dat jy saam met ons ʼn verskil maak. Om meer te lees oor hoe die HelpJag-projek van Solidariteit Helpende Hand tans 8 000 honger kleuters voed, besoek gerus www.helpjag.co.za

Die MansGenoeg!-oggend word deur Laeveld Agrochem en Epi-Max Man geborg.

Klik hier om jou kaartjie te koop.

(Grafika verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.