Marlene droom van studie oor antieke Inkas

MarleneMarlene Meyer van Hoërskool Waterkloof in Pretoria spog met agt onderskeidings. Sy het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, gasvryheidstudies, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en geografie.

Marlene gaan BA studeer aan die Universiteit van Pretoria, met die doel om ʼn argeoloog te word. Haar droom is om eendag nagraadse navorsing te doen oor die Inkas van Suid-Amerika.

Marlene skryf haar akademiese sukses toe aan haar streng dissipline en glo ook daaraan dat elke mens sy en haar uniekheid moet aangryp. “Moet nooit probeer om dieselfde as iemand anders te wees nie,” hou sy vol.

Haar stokperdjies sluit in sing, kosmaak en sy het ʼn groot liefde vir diere. Sy was deel van haar skool se koor, wat die ATKV-toekenning verwerf het as beste gemengde hoërskoolkoor van 2015. Sy het ook die beste vakprestasie behaal vir gasvryheid in gr. 11 en matriek en was ʼn finalis op ʼn wetenskap-ekspo in die VSA.

Marlene sê sy het uithouvermoë en erken dat sy gelukkig nie iemand is wat maklik gespanne raak nie.

“Somtyds is dit nodig om jouself toe te laat om ʼn bietjie laf te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.