Maroela is 10! Tien dae, R100 000 se geskenke te wen!

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf vir 10 jaar se lojaliteit.

Jy moet dus seker maak dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Van ʼn Bernette-naaldwerkmasjien, geskenkbewyse by Van Loveren-wyne, wonderlike boekpakke van NB Uitgewers en Spar-geskenkbewyse tot een jaar se gratis internet, geskenkbewyse by Volpes, Klerekas.com en die Afrikander Handelshuis en selfs ʼn kort wegbreek met Dream Resorts.

Elke dag gaan ʼn nuwe kompetisie-artikel gedeel word en jy sal kan inskryf vir die prys waarin jy belangstel. En as jy in al die pryse belangstel, kan jy elke dag kom inskryf – want as ons verjaar, dan word jy bederf!

Dis mos lekker, Maroela!

Skryf nou in

Hierdie kompetisies is reeds beskikbaar:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.