Maroela is op soek na ʼn senior datakoördineerder

Argieffoto (Foto: Photo Mix/Pixabay)

Is jy ʼn dinamiese persoon wat graag deel wil word van Maroela Media se voltydse span?

Ons is op soek na ʼn senior datakoördineerder wat die organisasie se data kan bestuur, organiseer en analiseer. Die kantoorgebonde pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer.

Om vir die pos in aanmerking geneem te word, sal ʼn toepaslike graad of soortgelyke kwalifikasie in databestuur as aanbeveling dien. Drie tot vyf jaar toepaslike ondervinding in ʼn databestuursomgewing, met ʼn fokus op data- en ledewerwing, sal in jou guns tel.

Noodsaaklike vaardighede sluit in:

  • bewese ondervinding in die organisering/bestuur van data in ʼn databasis;
  • ondervinding in die statistiese verwerking en analise van data;
  • kundigheid met spreitabelsagteware en SQL;
  • rekenkundige insig en vaardighede;
  • ervaring in die konseptualisering, beplanning en koördinering van datawerwingsveldtogte; asook
  • probleemoplossing- en organiseringsvermoë.

Vereiste vaardighede vir MySQL-databasisse:

  • Vertroud met MySQL Workbench, HeidiSQL, DBeaver of soortgelyke programme om aan die databasis te koppel en die inhoud te bestuur.
  • Noukeurige laai van inligting volgens die verskillende datatipes en -verhoudings.
  • Bou datastelle met filters om die data te suiwer.

Die ideale kandidaat sal onderskei word deur die vermoë om onafhanklik en binne ʼn span te werk; die vermoë om eienaarskap te neem; vaardighede in die ontwikkel, implementering en bestuur van prosesse vir datahantering; administratiewe vaardighede; akkuraatheid; uitstekende kommunikasie- en rekenaarvaardighede; beplanning-, koördinering- en organiseringsvaardighede; tydsbestuurvaardighede en die vermoë om te prioritiseer.

Die vermoë om onder druk te werk is ook van deurslaggewende belang.

Om te kwalifiseer moet jy Afrikaans magtig wees.

Pligte behels onder andere:

  • die hantering van die ondersteunersdatabasis;
  • saamstel van dataverwante verslae vir bestuur;
  • die hantering van rekenkundige rekonsiliasies;
  • bystand met veldtogbeplanning en -koördinering vir data- en ledewerwing;
  • analise van data ten einde aanbevelings aan bestuur te kan maak aangaande datastrategieë; en
  • skakeling met interne en eksterne diensverskaffers en ander partye.

Verantwoordelikhede sluit ook in die akkurate, veilige stoor en verwerking van data op so ʼn wyse dat data maklik geanaliseer kan word om as bruikbare inligting te dien. Die data moet ook direk ingevoer kan word by interne stelsels en verslae.

  • Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 20 Mei 2022 aan Mienke Mostert by [email protected] as jy in hierdie profiel pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.