Maroela Media se 10 gewildste goeienuus-artikels vir 2020

Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se goeienuus-portaal.

  1. Die hanslam wat koppe laat draai

Wanneer Lammie, die mak Weskuslam, sy laatmiddagstappies op Langebaan se strand geniet, is hy onbewus daarvan dat hy koppe laat draai en monde laat oophang.

Lammie op een van sy vele middagstapies. Foto: Verskaf.

  1. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie, en dis dalk goed

Dis ’n nuwe era wat voorlê. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie. En dit is dalk die beste so.

(Foto:
Josh Boot/Unsplash.)

  1. ’n Perfekte korona-troue

Marike* en Pieter*, wat mekaar al jare lank ken, maar verlede jaar eers op hul eerste koffieafspraak uitgegaan het, se troue was tentatief vir Mei beplan. Maar met hierdie Covid-19-pandemie, weet geen bruid watter seisoen se katalogus om deur te blaai nie.

(Foto: Verskaf.)

  1. Jong man begin karwas tydens inperking: ‘Nou is dit my toekoms’

Hy het vinnig aan ʼn nuwe plan gedink om geld te verdien, wat só suksesvol geword het dat hy dit nou heeltyds gaan aanpak.

Connor Michau (Foto: Verskaf)

  1. Springbok-onnie slaap by skool om matrieks te help

ʼn Juffrou van Hoërskool SA van Wyk Sekondêre Skool in Springbok het vir sowat ses weke lank die skool se klaskamers in ʼn veilige tuiste vir die matriekleerders omskep sodat hulle goed vir die matriekeksamen kon voorberei.

Só het die kinders in die klaskamers geslaap (Foto: verskaf)

  1. Familiefotosessie toe eintlik verrassingtroue

Lynn Dodds, ʼn ma van Phalaborwa in Limpopo, het gedink sy woon ʼn familiefotosessie by, maar toe daag sy onwetend by haar seun se troue op.

Wynand en Marelie het op 10 Oktober tydens ‘n intieme geleentheid getrou (Foto: AG Photography/Facebook)

  1. Mag ons met sagter oë na onderwysers kyk

Al wat ek vra is dat julle met sagter oë na ons onderwysers sal kyk. Dat julle sal besef ons is ook maar net mens.

Liezel van Soelen. (Foto: Verskaf.)

  1. ’n Teken van God in my hand

Vanoggend maak ek my kas se deur oop om ’n warm trui uit te haal. Dis vriesend koud buite. Ek hoor die wind. Sy koue asem waai tot binne-in my hart.

Jak de Priester (Foto verskaf)

  1. ‘Gesoek: ’n Man vir ons ma – doen nou aansoek!’

Dit het eintlik alles as ʼn grap op die familie se WhatsApp-groep begin toe Tanya Griessel (50) van Klerksdorp, Noordwes, se skoonseun gesê het hy soek “ʼn skoonpa” wat saam met hom kan braai.

Tanya Griessel. (Foto: Verskaf)

  1. TikTok se Malcolm Wentzel verras Thembi met motor

Die gewilde plaaslike TikTokker Malcolm Wentzel het onlangs vir sy ewe gewilde huishulp, Thembi Ubisi, met ’n splinternuwe motor dankie gesê vir tien jare van getroue diens.

Malcolm en Thembi (Foto: Instagram)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.