Maroela Media se radiodramas vir gesogte toekenning benoem

Die Staal Burger-span deel ‘n lawwe oomblik saam met Advokaat Gerrie Nel tydens ‘n opname van dié nuwe radiodramareeks. Van links na regs agter is Andreas Jordaan, Advokaat Gerrie Nel, Anton Dekker, André du Toit en Martin Jansen. Voor van links na regs is Roelf van Jaarsveld, Karin Retief, André Retief en Daniélle Retief. (Foto: Maroela Media/Leonie Bezuidenhout)

Die benoemings vir die gesogte jaarlikse ATKV-Mediaveertjies is Donderdag bekendgemaak.

Maroela Media is met twee benoemings in die Luister-kategorie vir beste teks vir ʼn radiodrama- of teater vereer.

Martin Jansen, wat tans ʼn omroeper by Pretoria FM is, se teks vir die herskepte radiodrama van ouds, Staal Burger, is genomineer vir ʼn toekenning, terwyl Joe Kleinhans se draaiboek vir die radiodrama Vuurvreters ook benoem is.

Marion Erskine se teks vir die RSG-drama Akwarius is ook in dié kategorie benoem.

Jansen het vroeër aan Maroela Media gesê hy en medeskrywer, André Retief, se idee om weer nuwe asem in Staal Burger as radiodrama te blaas, het aanvanklik tussen hom en Retief ontstaan toe hulle bymekaar uitgekom het deur hul gemeenskaplike vriend en klankvervaardiger, Roelf van Jaarsveld.

“Ons het net nie geweet hoe ons dit gaan doen nie, want ʼn mens het geld nodig, en ons het die idee toe opsy geplaas en nie veel verder daaroor gedink nie,” vertel Martin vurig. “Ons het ʼn toets-episode geskryf en toe ons weer kyk, sit ons in Maroela Media se kantoor en is hulle toe kinderlik opgewonde oor die toetsopname. Hulle het onderneem om met AfriForum te onderhandel om as borg van die reeks op te tree, met die aanbod dat Gerrie Nel ʼn karakter en AfriForum ʼn subtiele rolspeler in die reeks is. En hier sit ons vandag!”

Vuurvreters_1.jpg

Van links na regs: Marius Vermaak, Lochner de Kock, Su-an Müller-Marais, Antowan Nöthling, Schalk Vorster, Bettie Kemp en Anton Dekker (Foto: Maroela Media)

Maroela Media het ook geskiedenis gemaak in April verlede jaar toe Vuurvreters, uit die pen van Kleinhans en vervaardig deur Bettie Kemp, die eerste radiovervolgverhaal van dié omvang geword het wat in ʼn suiwer digitale formaat opgeneem is. Die meeste byklanke is ook digitaal gegenereer.

Maroela Media het ʼn netwerk van 55 gemeenskapsradiostasies reg oor die land én internasionaal wat die geleentheid kry om dié radiovervolgverhale uit te saai. Episodes word ook ná uitsending op Maroela Media se webwerf gepubliseer om te luister.

“Ons is uit ons vel van opgewondenheid,” het Annelize Brits, bedryfsbestuurder van Maroela Media, gesê. “Die radiodrama is vir ons ʼn groot hartsprojek, dus is ons oorweldig deur die benoeming.”

Die wenners word op 11 Mei aangewys.

Koop Staal Burger hier en Vuurvreters hier.

Hier is die lys van benoemings in die Luister-kategorie:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: In gesprek met Nataniël – RSG
  • Johan van Lill – Middag op RSG: Feitedagboek Laurika Rauch – RSG
  • Willim Welsyn – WAT met Willim Welsyn – Podsending

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Esté Gross – Siembamba-dogtertjie 39 jaar later – RSG
  • Haidee Muller – Winston Wicomb – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kuns: Oude Libertas 40 jaar – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis & Heindrich Wyngaard – Monitor/Spektrum: Regstreekse uitsending ANC nasionale verkiesingskonferensie – RSG
  • Sarina Frauenstein – Klankkoerant: Petro SA – Pretoria FM
  • Phil Loots – Fiks vir die lewe: Om te gee – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis – Monitor: Paternoster Vissers – RSG
  • Anita Visser – Monitor: Vroue in die tronk – RSG
  • Hanri Wondergem – Monitor: Seksuele slagoffers – RSG

Beste joernaalprogram

  • Lizelle de Bruin – Sondag-joernaal: Veiligheid en versorging van kinders – RSG
  • Francois Haasbroek – Wegstories: Sout van die aarde – Wegtydskrif-podsending
  • Ilse Salzwedel – Skrywers en boeke: Die woordketting – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Flip Loots – Fiks vir die lewe: Suid-Afrika se reënboognasie – RSG
  • Melissa Tighy – Spektrum: Landwye betogings teen Zuma – RSG
  • Hanri Wondergem – Spektrum: Vryheidsdag – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Esté Gross – As die klok lui – RSG
  • Jamaine Krige – Knysna: Na die brande – RSG
  • Mariska Spoormaker – Die Baaise hondeman – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Marianne Breytenbach – Net medies: Aannemings – Pretoria FM
  • Bonné de Bod & Su-an Müller-Marais – Renoster Radar: ’n Renoster op Tinder en baie hofsake – GROOTfm 90.5
  • Henk Joubert – Vanaf die Groot Trek tot Bloedrivier – Pretoria FM

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater

  • Marion Erskine – Akwarius – RSG
  • Martin Jansen – Staal Burger – Maroela Media & Pretoria FM
  • Joe Kleinhans – Vuurvreters – Maroela Media

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater

  • Renske Jacobs – Kopskoot – RSG
  • Bettie Kemp – Akwarius – RSG
  • Christelle Webb-Joubert – Nagmaal vir twee – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Pieter Cloete – Vanaand met Pieter Cloete – GROOTfm 90.5
  • Sarina Frauenstein – Klankkoerant: Laatmiddag – Pretoria FM
  • Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Cloete ·

Baie geluk met julle benoeming Maroela Media! #Trots

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.