As daar een dag is wanneer ʼn vrou straal, is dit natuurlik op haar troudag. Maroela Media bied vanjaar met trots weer ons Bruid van die Jaar-kompetisie aan.
In samewerking met Dream Hotels & Resorts is daar boonop groot pryse op die spel.
Ons gaan weer elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar vir 2023 aan te wys.
Somerbruid
Jy kan in aanmerking kom vir ons Somerbruid as jy tussen Desember 2022 en Februarie 2023 trou. Inskrywings vir ons Somerbruid sluit op 5 Maart 2023.
ʼn Beoordelaarspaneel sal die top-10 saamstel en daarna sal ons lesers die geleentheid kry om vir die top-10 te stem om Maroela se Somerbruid aan te stel.
Deur die loop van die jaar sal ons ook ʼn Herfsbruid (troues in Maart – Mei 2023), Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2023) en Lentebruid (September – November 2023) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!
Wat kan jy wen?
Dream Hotels & Resorts borg wonderlike pryse vir die wenpaartjies.
- Die Somerbruid wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Olifants River Lodge (insluitend ontbyt) in die Middelburg-omgewing in Mpumalanga.
- Olifants River Lodge in die Middelburg-omgewing in Mpumalanga
- Olifants River Lodge in die Middelburg-omgewing in Mpumalanga
- Die Herfsbruid wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Tala Collection-wildreservaat (insluitend ontbyt) in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
- Tala Collection-wildreservaat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
- Tala Collection-wildreservaat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
- Die Winterbruid wen twee nagte vir twee persone wat deel by Zimbali Lodge (insluitend ontbyt) naby Ballito aan die noordkus van KwaZulu-Natal.
- Zimbali Lodge naby Ballito aan die noordkus van KwaZulu-Natal
- Zimbali Lodge naby Ballito aan die noordkus van KwaZulu-Natal
- Die Lentebruid wen twee nagte vir twee persone wat deel by Piekenierskloof Mountain Resort (insluitend ontbyt) in Citrusdal in die Wes-Kaap.
- Piekenierskloof Mountain Resort in Citrusdal in die Wes-Kaap
- Piekenierskloof Mountain Resort in Citrusdal in die Wes-Kaap
- Vir die Bruid van die Jaar is daar twee spesiale vakansies ter waarde van R29 330. Sy en haar man wen drie nagte vir twee persone wat deel by die Le Franschhoek Hotel & Spa in Franschhoek in die Wes-Kaap (op ʼn bed & ontbytbasis vir ʼn midweek) en twee aande vir twee persone wat deel (bed en ontbyt) by The Peninsula Hotel in Seepunt, Kaapstad.
- Le Franschhoek Hotel & Spa in Franschhoek in die Wes-Kaap
- Le Franschhoek Hotel & Spa in Franschhoek in die Wes-Kaap
- The Peninsula Hotel in Seepunt, Kaapstad
- The Peninsula Hotel in Seepunt, Kaapstad
Skryf nou in
Die kompetisie het gesluit.
Bepalings en voorwaardes
- Die sluitingsdatum om in te skryf as Somerbruid is 5 Maart 2023 om 23:45.
- Om in aanmerking te kom vir ons Somerbruid, moes julle tussen Desember 2022 en Februarie 2023 getrou het.
- Inskrywings vir die Herfsbruid sal plaasvind tussen Maart en Mei 2023, inskrywings vir die Winterbruid sal plaasvind tussen Junie en Augustus 2023, en inskrywings vir die Lentebruid sal plaasvind tussen September en November 2023. Inligting en inskrywingsvorms hiervoor sal deur die loop van die jaar op Maroela Media bekendgemaak word. Jy kan ook die webbladsy https://maroelamedia.co.za/kategorie/kompetisies/ dophou.
- Die stemproses vir die Somerbruid sal na verwagting van 7 – 19 Maart 2023 plaasvind. Alle besonderhede sal op Maroela Media beskikbaar gemaak word.
- Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto en naam op Maroela Media se webwerf en sosialemedianetwerke bekendgemaak mag word indien jy as een van die top-10 aangewys word.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Maroela Media sal kontak maak met die top-10 om seker te maak dat jy weet jy het deurgedring. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die top-10 gehaal het nie.
- Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
- Die wenpaartjie moet self die bespreking reël vir die verblyf.
- Jou vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
- Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
- Maroela Media en Dream Hotels & Resorts kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys gebruik maak nie.