Maroela se Bruid van die jaar: Wen ʼn tweede wittebrood

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Hier is goeie nuus: Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie, staan jy die kans om ʼn tweede wittebrood vir jou en jou geliefde te wen!

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel.

Ons het reeds ‘n Somerbruid, Herfsbruid en Winterbruid aangewys, en is nou op soek na ons Lentebruid! Ons lesers gaan aan die einde van die jaar die geleentheid kry om die algehele Bruid van die Jaar uit dié vier finaliste aan te wys.

Skryf nou in as Lentebruid

Jy kan in aanmerking kom vir ons Lentebruid as jy tussen September 2022 en November 2022 trou. Inskrywings vir ons Lentebruid sluit op 1 Desember 2022.

ʼn Beoordelaarspaneel sal die top-10 saamstel en daarna sal ons lesers die geleentheid kry om vir die top-10 te stem om Maroela se Lentebruid te kies.

ʼn Beoordelaarspaneel sal die top-10 saamstel en daarna sal ons lesers die geleentheid kry om vir die top-10 te stem om Maroela se Winterbruid te kies.

Dream Hotels & Resorts borg wonderlike pryse vir die wenpaartjies.

Somerbruid – Finfoot Lake Reserve

Die wenner van ons Somerbruid-kompetisie het twee nagte vir twee persone wat deel by die Finfoot Lake Reserve in Rustenburg, Noordwes (insluitend ontbyt) gewen. Waarde: R8 230-00.

Herfsbruid – Nibela Lake Lodge

Die wenner van ons Herfsbruid-kompetisie het twee nagte vir twee persone wat deel by die Nibela Lake Lodge in St Lucia in die noorde van KwaZulu-Natal (insluitend ontbyt) gewen. Waarde: R8 440-00.

Winterbruid – Zimbali Lodge

Die wenner van ons Winterbruid-kompetisie twee nagte vir twee persone wat deel by Zimbali Lodge naby Ballito aan die noordkus van KwaZulu-Natal (insluitend en ontbyt) gewen. Waarde: R7 420-00.

Lentebruid – Little Switzerland Resort

Die wenner van ons Lentebruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Little Switzerland Resort aan die voet van die noordelike Drakensberge in KwaZulu-Natal. Waarde: R15 000-00.

Bruid van die jaar – Le Franschhoek Hotel & Spa

Die algehele wenner van ons Bruid van die jaar-kompetisie wen drie nagte vir twee persone wat deel by die Le Franschhoek Hotel & Spa in Franschhoek in die Wes-Kaap (op ʼn bed & ontbytbasis insluitend een aandete met ʼn bottel wyn). Waarde: R19 080-00.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om in te skryf as Lentebruid is 1 Desember 2022 om 23:45.
  • Om in aanmerking te kom vir ons Lentebruid, moes julle tussen September 2022 en November 2022 getrou het.
  • Jy kan die webbladsy https://maroelamedia.co.za/kategorie/kompetisies/ dophou vir meer inligting oor die verskillende kompetisies.
  • Die stemproses vir die Lentebruid sal na verwagting van 2 – 14 Desember 2022 plaasvind. Alle besonderhede sal op Maroela Media beskikbaar gemaak word.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto en naam op Maroela Media se webwerf en sosialemedianetwerke bekendgemaak mag word indien jy as een van die top-10 aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal kontak maak met die top-10 om seker te maak dat jy weet jy het deurgedring. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die top-10 gehaal het nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Die wenpaartjie moet self die bespreking reël vir die verblyf.
  • Jou vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Dream Hotels & Resorts kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.