Maroela se Bruid van die jaar: Wen ʼn tweede wittebrood

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Hier is goeie nuus: Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie, staan jy die kans om ʼn tweede wittebrood vir jou en jou geliefde te wen!

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel.

Ons gaan elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys.

Skryf nou in as Somerbruid

Jy kan in aanmerking kom vir ons Somerbruid as jy tussen Desember 2021 en Februarie 2022 trou. Inskrywings vir ons Somerbruid sluit op 4 Maart 2022.

ʼn Beoordelaarspaneel sal die top-10 saamstel en daarna sal ons lesers die geleentheid kry om vir die top-10 te stem om Maroela se Somerbruid aan te stel.

Deur die loop van die jaar sal ons ook ʼn Herfsbruid (troues in Maart – Mei 2022), Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2022) en Lentebruid (September – November 2022) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Dream Hotels & Resorts borg wonderlike pryse vir die wenpaartjies.

Somerbruid – Finfoot Lake Reserve

Die wenner van ons Somerbruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Finfoot Lake Reserve in Rustenburg, Noordwes (insluitend aandete en ontbyt). Waarde: R8 230-00.

Herfsbruid – Nibela Lake Lodge

Die wenner van ons Herfsbruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Nibela Lake Lodge in St Lucia in die noorde van KwaZulu-Natal (insluitend aandete en ontbyt). Waarde: R8 440-00.

Winterbruid – Zimbali Lodge

Die wenner van ons Winterbruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by Zimbali Lodge naby Ballito aan die noordkus van KwaZulu-Natal (insluitend aandete en ontbyt). Waarde: R7 420-00.

Lentebruid – Little Switzerland Resort

Die wenner van ons Lentebruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Little Switzerland Resort aan die voet van die noordelike Drakensberge in KwaZulu-Natal. Waarde: R15 000-00.

Bruid van die jaar – Le Franschhoek Hotel & Spa

Die algehele wenner van ons Bruid van die jaar-kompetisie wen drie nagte vir twee persone wat deel by die Le Franschhoek Hotel & Spa in Franschhoek in die Wes-Kaap (op ʼn bed & ontbytbasis insluitend een aandete met ʼn bottel wyn). Waarde: R19 080-00.

Skryf nou in

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om in te skryf as Somerbruid is 4 Maart 2022 om 23:45.
  • Om in aanmerking te kom vir ons Somerbruid, moes julle tussen Desember 2021 en Februarie 2022 getrou het.
  • Inskrywings vir die Herfsbruid sal plaasvind tussen Maart en Mei 2022, inskrywings vir die Winterbruid sal plaasvind tussen Junie en Augustus 2022, en inskrywings vir die Lentebruid sal plaasvind tussen September en November 2022. Inligting en inskrywingsvorms hiervoor sal deur die loop van die jaar op Maroela Media bekendgemaak word. Jy kan ook die webbladsy https://maroelamedia.co.za/kategorie/kompetisies/ dophou.
  • Die stemproses vir die Somerbruid sal na verwagting van 7 – 20 Maart 2022 plaasvind. Alle besonderhede sal op Maroela Media beskikbaar gemaak word.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto en naam op Maroela Media se webwerf en sosialemedianetwerke bekendgemaak mag word indien jy as een van die top-10 aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal kontak maak met die top-10 om seker te maak dat jy weet jy het deurgedring. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die top-10 gehaal het nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Die wenpaartjie moet self die bespreking reël vir die verblyf.
  • Jou vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Dream Hotels & Resorts kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.