“Baie belangrik, stel jou rooster vooraf op om seker te maak jy het genoeg tyd vir elke vak en maak seker jou omgewing is van só aard dat dit vir jou die beste werk.”
Dit is maar net van die talle praktiese wenke wat sangeres Chané Valentine vir alle matrikulante het vir hul eindeksamen. Sy studeer tans aan universiteit en dié raad gebruik sy vandag nog steeds.
Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.
Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!