Matriekseun beraam FB-plan oor motor

'n Skermskoot van die gesprek wat Brandon Prollius op Facebook geplaas het.

‘n Skermskoot van die gesprek wat Brandon Prollius op Facebook geplaas het.

Wat staan ʼn matriekseun te doen wat graag sy ma wil oortuig om vir hom ʼn motor te koop? Hy wend homself tot sosiale media natuurlik!

Dit is presies wat Brandon Prollius (18), leerder van die Hoërskool Kempton Park, gedoen het om sy ma te oortuig om vir hom sy heel eerste motor te koop.

Brandon het sy ma, Odette, via Whatsapp gevra om drie nommers tussen 1 en 10 te kies. Sy het 3, 6 en 8 gekies. “Ok, as ek 300 likes, 600 comments en 800 shares kry op Facebook, kan ek dan ʼn kar kry?” het Brandon gevra. Odette het ingestem.

Brandon het ʼn skermskoot van die gesprek Donderdagmiddag op Facebook gedeel en ander Facebook-gebruikers gevra om asseblief te help. Binne net vyf ure het Brandon sy teiken bereik. Teen Saterdagmiddag het meer as 2 600 mense ‘like’ op sy inskrywing gekliek, meer as 800 het kommentaar gelewer en die inskrywing is meer as 2 500 keer gedeel.

“ʼn Mens sien altyd hierdie snaakse video’s op Facebook en dan vra hulle jy moet die video deel as jy lag. Hierdie video’s word altyd baie gedeel, toe dink ek om hierdie konsep te gebruik om ʼn kar te kry, kan werk,” het Brandon aan Maroela Media gesê. “Binne die eerste uur is my inskrywing meer as 80 keer gedeel en daarna het my foon begin vashaak van al die notifications.”

Hy sê hy het ook talle inboks-boodskappe en ongeveer 100 vriendskapversoeke op Facebook gekry ná sy inskrywing. Maar die belangrikste van alles is dat hy uiteindelik sy motor het!

“My ma het vir my ʼn Hyundai i10 gekoop. Ek moet eers volgende week die toets vir my leerlingslisensie gaan skryf voordat ek hom kan kry, maar ja, ek het my kar!” Brandon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WitBlits ·

Nou wonder ek wat gaan Brandon vir sy Ma doen in ruil dat sy hom bederf het ………?

Fritz ·

Wees baie dankbaar. My vrou wat hard vir haar geld werk het vir haar n Hayundai I10 gekoop.

katryn ·

wie in die land het geld om sommer so kar te gaan koop. Liewe aarde, ek dink dis belaglik. Die kind moet mos werk en verdien wat hy kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.