Matriekvraestelle binnekort beskikbaar op jou foon

selfoon-selfoondata-slimfoon

Foto: Trofos/Pexels.com

Matrikulante kan van 1 Augustus vanjaar eksamenhersiening op hul slimfone en tablette doen met die hulp van ʼn eenvoudige app wat uit Google Playstore afgelaai kan word.

Volgens John Matthew Kelly, wat een van die stigterslede van die iPass app is, is daar talle leerders wat weens finansiële tekortkoming nie toegang het tot die vorige jare se matriekvraestelle nie.

“Kinders wat nie die drukkostes van die vraestelle kan bekostig nie, kan nie effektief hersiening doen as deel van hul voorbereiding vir die eindeksamens nie.

“Die idee vir die iPass-app is uit hierdie uitdaging gebore en die droom is nou om soveel as moontlik eksamenvraestelle digitaal en verniet vir alle leerders beskikbaar te stel,” het Kelly gesê.

Hy het benadruk dat die app só ontwerp is om so min as moontlik data te gebruik terwyl dit steeds interaktief is.

Leerders oefen die vrae van die onderskeie vakke se vraestelle, wat verwerk is in die formaat van ʼn interaktiewe vasvraspeletjie.

“Vrae word voortdurend geskommel en elke keer wat ʼn leerder die app weer oopmaak om ʼn vraestel te oefen sal die vrae in ʼn ander volgorde verskyn.”

Die teoretiese vraestelle van vakke soos rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskappe, geografie, ekonomie sal op die iPass-app beskikbaar wees.

Teen die begin van Oktober behoort die finale weergawe van die app uitgerol te word en dan sal bykomende matriekvraestelle van Afrikaans, Engels, besigheidstudies, verbruikerstudies, ekonomie en toerisme ook op die iPass-app beskikbaar te wees.

Kelly sê iPass is aan onderskeie vakadviseurs by die nasionale kantore van die departement van basiese onderwys gedemonstreer en die app is daar goed en met groot opgewondenheid ontvang.

“Met dié groen lig wil die iPass-span daarin probeer slaag om hoop te bring vir talle leerders wat droom om geleenthede te verkry deur goeie punte op hul matrieksertifikaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tammy ·

Ag nee, waarvan praat julle, die departement stuur gedurig vraestelle na die skole toe, onderwysers voorsien die van vorige jare , maar die agtergeblewe kinders is konstant op WhatsApp op hulle fone, Moenie dat julle mislei word nie. Oe ja en die vraestelle wat so uitlek….wat dink julle waar kom dit vandaan, vra maar die kinders wat so uitgevang word!!
Goeie idee vir die wat wil slaag, maar van die feite soos finansiele tekorte, dink weer, as jy tegnologie kan beskostig en data is jy beslis nie behoeftig nie. Dalk by skole in “rural area”, maar die departement voorsien rojaal aan hierdie kinders.

ItsMeAsam ·

Dankbaar vir so app, maar glo ook nie dit gaan help die as Matrikulante weens finansiele redes nie die druk kostes kan bekostig nie of die vorige vraestelle het nie, Hoe gaan hulle n slimfoon met Data en so bekostig om die program af te laai?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.