Matrikulant, jou loopbaanreis begin hier

Akademia sal voltydse studente op sy kampus in Centurion vanaf 2021 verwelkom. (Argieffoto: Verskaf.)

Met groot verligting kan matrieks uiteindelik hul skoolloopbaan afsluit nadat hulle die wenstreep bereik het. Matriekuitslae is pas bekendgemaak en duisende matrieks wonder waarskynlik “Wat nou?”.

Terwyl talle hoër­onderwysinstellings se aansoeke vir studies reeds gesluit het, bied Akademia steeds die geleentheid aan skoolverlaters om nog aansoek te doen om vanjaar hulle studies aan te pak.

Aansoeke vir voorgraadse studies is nog tot Dinsdag 2 Maart oop. “Weens die ontwrigtende tye waarin matrieks hulself bevind het, het Akademia besluit om vergunning te bied en aansoeke vir die 2021-studiejaar later te sluit. Ons besef dat verlede jaar se matrieks talle onsekerhede en uitdagings ervaar het, en Akademia wil hierdie jongmense gerusstel dat daar nog kans is om die bal aan die rol te kry vir studies,” sê Paul Vogel, bedryfshoof by die instelling.

Akademia, nou byna ʼn dekade oud, bied ʼn verskeidenheid geakkrediteerde kwalifikasies aan waaruit skoolverlaters kan kies. Boonop is daar ʼn keuse tussen nauurse studies deur middel van ʼn landwye netwerk van studiesentrums, en voltydse studies op die nuutingerigte kampus in Centurion wat vanjaar sy deure oopmaak.

Akademia se nauurse model is ideaal vir skoolverlaters wat graag wil studeer en tegelykertyd werk of ander belangstellings najaag. Hierdie model gebruik gevorderde tegnologie om kontaksessies aan te bied, en studente word in ʼn interaktiewe virtuele leerruimte regstreeks deur middel van twaalf studiesentrums met mekaar verbind. Dosente saai van die ateljee in Centurion uit en alle studente ontvang, ongeag hulle ligging, presies dieselfde onderrig.

Op Akademia se nuwe Centurion-kampus studeer studente voltyds en word klasse bedags bygewoon. Die kampus is gerieflik ingerig met ʼn kafeteria, kliëntedienssentrum, biblioteek, studenteverblyf en ʼn ouditorium, asook ander fasiliteite wat studenteondersteuning bied. Op hierdie kampus sal studente baanbrekers wees wat aan ʼn aktiewe studentelewe kan deelneem, terwyl hulle aan ʼn betekenisvolle loopbaanreis bou.

“Ons studente is vir ons belangrik, en daarom bied Akademia vanjaar aan eerstejaars toegang tot ʼn gratis aanlyn kursus om die kuns van studentwees baas te raak – selfs nog voordat hulle amptelike oriëntering op 15 Maart afskop,” noem Vogel.

Hier word nuttige temas soos basiese rekenaarvaardighede, hoe om vir die akademiese jaar voor te berei, akademiese taal- en skryfvaardighede, basiese akademiese navorsing en wenke vir die aflê van assesserings hanteer. “Ons glo dat hierdie kursus skoolverlaters nóg beter gaan voorberei voordat hulle met die akademiese jaar begin,” meen Vogel.

Ongeag wat vanjaar gebeur, is Akademia gereed om weer soos in die verlede wêreldklas onderrig aan skoolverlaters te bied.

  • Aansoeke vir studies by Akademia vind slegs aanlyn plaas. Vir meer inligting oor Akademia, besoek akademia.ac.za, of stuur ʼn WhatsApp aan 0861 222 888. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.