Matthew wil sy merk maak in die sakewêreld

MatthewMatthew Barnard van Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein het agt onderskeidings behaal – in Engels, Afrikaans, Duits, fisiese wetenskappe, geskiedenis, lewensoriëntering, rekeningkunde en wiskunde.

Matthew beplan om BRek LLB te gaan studeer aan die Universiteit Stellenbosch. Daarna hoop hy om oorsee ondervinding in die sakewêreld te gaan opdoen. Hy meen immers “ʼn voël is veilig in sy nes, maar dis nie waarvoor vlerke gemaak is nie”.

Sy rolmodel is die sakemagnaat en filantroop John D Rockefeller. “Hy is ʼn voorbeeld van iemand wat bó sy omstandighede kon uitstyg en was iemand wat iets uit niks kon maak,” sê hy. “Deur harde werk kon hy groot hoogtes bereik.”

Matthew beskou homself as iemand wat gefokus, gedetermineerd en empaties is. Hy het tweede plek behaal in die landwye wêreldkennisolimpiade in 2013 en was kaptein van sy hokkiespan. Hy was ook deel van die wenspanne wat deelgeneem het aan die CUT Quiz en Mintek Skeinat-olimpiade.

Sy pa, Phillip, is ʼn boer en sy ma, Estelle, is die uitvoerende hoof van Sparta Foods.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.