Meer as 1 200 spelers by Klofie-netbalfees

Klofie-netbalfees 2016. Foto: Facebook via Klofie-netbalfees

Klofie-netbalfees 2016. Foto: Facebook via Klofie-netbalfees

Die jaarlikse Barloworld Klofie-netbalfees, wat ten doel het om wye blootstelling aan dié sportsoort te gee, het op 18 Maart begin en duur tot môre (23 Maart).

Dié fees gee individue en spanne die geleentheid om hul netbalvaardighede te verbeter voor die netbalseisoen begin. Die doel van die toernooi is om die maksimum moontlike wedstryde te speel. Eerstespanne speel volledige wedstryde van vier kwarte (10 minute elk) en ander spanne (o/14, 0/15, o/16 en 0/17) speel twee helftes van 15 minute elk (normale wedstrydtye) om die spelers die optimale voorbereidingsgeleentheid vir die seisoen te bied.

Die fees is oop vir netbalspelers regoor Suid-Afrika en Namibië en vind vanjaar by Hoërskool Waterkloof plaas. Meer as 123 spanne, 42 skole en 1 230 netbalspeelsters sê mekaar vanjaar die stryd aan.

Hoewel geen wenner aangekondig word aan die einde van die toernooi nie, tel spanoorwinnings vir verdere netbalwedstryde in die jaar.

Daan Potgieter, hoof van Hoërskool Waterkloof, sê dit is ʼn voorreg om die toernooi aan te bied. “Meer as 8 000 toeskouers word oor die vier dae verwag en skole van elke provinsie in Suid-Afrika is op hierdie jaar se Klofie-netbalfees teenwoordig,” sê hy.

Eleanor du Toit, direkteur: netbal by Hoërskool Waterkloof, sê “elke speler en span speel op ’n daaglikse basis taai wedstryde teen skole wat hoofsaaklik buite hulle liga val. Dié formaat verhoed dat skole meer as een wedstryd teen dieselfde teenstander speel.”

Skole wat deelneem aan die fees sluit in:

  1. C & N Meisieskool Oranje
  2. Cornwall Hill College
  3. De Kuilen High School
  4. Edugate Academy
  5. Eunice High School, Bloemfontein
  6. Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch
  7. Hoër Meisieskool Paarl
  8. Hoër Volkskool Potchefstroom
  9. Hoërskool Ben Vorster, Tzaneen
  10. Hoërskool Brackenfell
  11. Hoërskool Brandwag
  12. Hoërskool Centurion
  13. Hoërskool Dr Malan, Meyerton
  14. Hoërskool Duineveld, Upington
  15. Hoërskool Durbanville
  16. Hoërskool Florida
  17. Hoërskool Frikkie Meyer, Thabazimbi
  18. Hoërskool Gimnasium, Paarl
  19. Hoërskool Kempton Park
  20. Hoërskool Linden
  21. Hoërskool Lydenburg
  22. Hoërskool Marais Viljoen
  23. Hoërskool Martin Oosthuizen, Kakamas
  24. Hoërskool Menlopark
  25. Hoërskool Noordkaap, Kimberley
  26. Hoërskool Oos-Moot
  27. Hoërskool Outeniqua
  28. Hoërskool Randburg
  29. Hoërskool Rustenburg
  30. Hoërskool Sentraal, Bloemfontein
  31. Hoërskool Stellenberg, Bellville
  32. Hoërskool Waterkloof
  33. HTS Middelburg
  34. La Rochelle Hoër Meisieskool
  35. Laerskool Menlopark
  36. Laerskool Mooirivier
  37. Leeuwenhof Akademie
  38. Maragon-private skool
  39. Potchefstroom Gimnasium
  40. Prestige College
  41. Walvisbaai Privaat Hoërskool
  42. Windhoek Gimnasium

Besoek die Klofie-netbalfees se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.