Meer as 10 000 komberse vir 67 Blankets

'n Lugfoto van die meer as 10 000 komberse by die Drakenstein gevangenis in die Wes-Kaap. Foto: Verskaf

‘n Lugfoto van die meer as 10 000 komberse by die Drakenstein gevangenis in die Wes-Kaap. Foto: Verskaf

Die 67 Blankets-veldtog het vanjaar wéér ʼn wêreldrekord gebreek toe ʼn oppervlakte van nagenoeg 17 181 m² met handgemaakte komberse gedek is. Dié samekoms, wat  die veldtog ʼn plek in die Guinness World Records besorg het, is vanjaar by die Drakenstein gevangenis in die Wes-Kaap gehou.

Meer as 10 324 komberse is vanjaar ingesamel en uitgestal by die plek waar oudpresident Nelson Mandela in 1990 sy eerste tree na vryheid gegee het.

Die 67 Blankets-inisiatief het in 2013 begin toe Zelda la Grange, voormalige persoonlike assistent van oudpresident Mandela, die aktrise Carolyn Steyn uitgedaag het om 67 komberse vir Mandela-dag in 2014 te brei. Steyn het intussen 67 Blankets op die been gebring en dié projek het reeds internasionaal momentum gekry.

Die projek het vanjaar egter ʼn wyer gehoor betrek. ʼn Spesiale memorandum is vroeër vanjaar by die Zonderwater-gevangenis onderteken waarin Zonderwater sy betrokkenheid by die projek gewaarborg het. Korrektiewe dienste se takke regoor die land het dus gehelp om die huidige wêreldrekord te oortref.

“Die departement het 24 tronke gekies wat betrokke is by die projek. Die gevangenes word geleer om te brei en hekel om iets goed in die gemeenskap terug te ploeg,” het Steyn vroeër gesê.

ʼn Musiekvideo word ook beplan, met ʼn liedjie wat geskryf is deur Steyn se peetkind, Ella Grealy (12), en twee ander gevangenes van Zonderwater. Sangers soos PJ Powers, Timothy Moloi en Proverb het die liedjie opgeneem.

Hoewel die wind vanjaar nie saamgespeel het nie en een tent omgewaai het, gaan meer as 10 000 minderbevoorregte mense dié winter warmer slaap.

Besoek die 67 Blankets Facbook-blad en webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Garath ·

Die minister van sport dink ek. Hy het baie nodig om hom toe te maak.

Yvonne ·

Hoekom word daar nie soveel moeite gedoen vir plaasmoorde nie?

Dr. Amari. ·

So baie dankie dat julle die komberse gemaak het – dankie dat julle dit vir almal gee wat dit nodig het – dit bring hitte en vrede in ons land.

johann cb ·

Ek weier om betrokke te wees by enige aktiwiteite wat die 67 minute gedenk. Watter “transformasie” het dit tot dusver teweeggebring? Is daar nog ‘n doel daarmee?

Luister ·

Nee dankie vir jou negatiwiteit, Johann Die projekte help baie minderbevoorregte mense, en is ten minste goed vir nasiebou. Hoop jy doen iets om die wêreld ‘n beter plek te maak!

alida ·

Wonder maar net of van die komberse by die blanke weeshuise en plakkerskampe ook afgegee word.

Nics ·

Alida en Yvonne, hoekom doen julle nie iets nie? Hoekom, Alida maak jy nie komberse bymekaar en gaan gee af waar jy wil nie, niks keer julle nie! Yvonne, wat op aarde het hierdie nou met plaasmoorde te doene? En ja, laat ons sien of my kommentaar wat geensins rassisities, homofobies of enigsins haatspraak is geplaas gaan word al dan nie.

Manie ·

Lofwaardige Projek.
Die gevangenisse moet by meer sulke projekte betrokke raak om diens aan die land en sy mense te verskaf
Daar is baie kundigheid wat postief aangewend kan word vir baie projekte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.