[Meeste gelees] Lees die top 10 goeie stories van 2015

As dit vir jou lyk asof daar net negatiewe nuus in die media is, is hierdie ʼn geleentheid om die top 10 goeie stories op Maroela Media wat die meeste in 2015 gelees is, te lees. Dié stories wissel van ʼn winkel in Plettenbergbaai wat gesonde eetgewoontes aanmoedig deur vrugte gratis weg te gee, tot ʼn blik op hoe ryk jy werklik is al is jy middelklas en die verjaarsdagpartytjie van Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se skattige tweeling.

  1. Spar in Plet laat sosiale media gons – ʼn Foto wat by die Beacon Isle Kwikspar in Plettenbergbaai geneem is, het sosiale media omtrent aan die gons. Op die foto is ʼn krat vol vrugte met ʼn boodskap wat lui: “Hallo ouers, vat gerus ʼn gratis vrug vir jou kinders terwyl jy inkopies doen. Ons moedig gesonde eetgewoontes aan en wil jou inkopie-ervaring so ’n klein bietjie makliker maak.”
  1. As die rykes kla, wat moet die armes doen? – My dogters weet ons is ryk. Skatryk. Ryker as die meeste mense op aarde – ons bly byvoorbeeld in ʼn baksteenhuis, het krag wat gereeld uitskop en ek en Marina het elkeen ons eie motor. Dis belangrik dat hulle dit weet. Niks is erger as rykmense wat kla nie.
  1. Nuwe regulasies vir SA reisigers wat die grens wil oorsteek – Nuwe regulasies, wat sal verhoed dat voertuie sonder die regte dokumentasie die grens sal oorsteek, is so pas deur die polisie ingestel.
  1. Boelies het háár ook amper laat selfmoord pleeg – “Ek wil net sê, as dit nie vir my ouers was wat my uit daardie skool gehaal het nie, sou ek ook dalk op daardie punt gekom het.”
  1. Gedagte vir die dag: Die krag van Gods WoordDie man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan:Johannes 4:50. Hoe dikwels het jy al in die kerk gesit of jou Bybel gelees en geweet die boodskap is direk vir jou? Wat was jou reaksie? Ons vers vandag handel oor een man se reaksie op die woorde van Jesus.
  1. Dié laerskool keer die tradisionele stelsel op sy kop – Sun Valley Laerskool in Kaapstad het mense omtrent aan die praat gehad met sy besluit om huiswerk af te skaf. Boonop het dié skool ook ʼn heel ander rigting ingeslaan met hoe leerlinge opgevoed word.
  1. Video: ʼn Foto kan jou kind se lewe red – Volgens ʼn ma van Illinois in Amerika het ʼn weerkaatsing op ʼn foto in haar tweejarige seuntjie se oog sy lewe gered.
  1. [Foto’s] Derick en Karlien hou partytjie vir tweeling – Die gewilde Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld, het foto’s van haar en Derick Hougaard se skattige tweeling se tweede verjaardagpartytjie op Facebook gedeel.
  1. Suid-Afrikaanse Immigrasiewet: Mense onder 18 wat na en van Suid-Afrika reis – Die nuwe vereistes vir bykomende dokumente vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar wat na en van Suid-Afrika reis, sal op 1 Junie geïmplementeer word.
  1. Geloftedag: Kyk hier waar jou naaste Geloftefees is – Geloftedag gedenk die gebeure van 16 Desember 1838 toe 470 Voortrekkers deur bykans 10 000 Zoeloes aangeval is.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.