Meisie met hart van goud deel Paasfeesgees

Adri Maritz saam met van die kinders wie Paasfeeskoppies ontvang het. (Foto: verskaf)

’n 17-jarige model, Adri Maritz, het haar hart van goud met die kinders van Gqeberha (Port Elizabeth) gedeel toe sy Saterdag talle Paasfeeskoppies saam met ’n medemodel gaan uitdeel het.

Maritz se hart klop nog altyd warm vir liefdadigheid.

“Ek is oor die algemeen iemand wat daarvan hou om ander mense te help. Ek glo ook dat jou glimlag die mag het om iemand se dag op te helder.”

Dit is juis die atmosfeer wat Maritz tydens haar Paasfeesprojek geskep het.

“Ek het 50 Paasfeeskoppies gereed gekry en uitgedeel.”

Dié koppies was gevul met heerlike eetgoed soos paaseiers, toffies en suigstokkies.

“Ek het besef dat daar baie kinders op die strate gaan wees wat sonder gesinne sit en nie die geleentheid het om die opstanding van Jesus saam met familie te kan vier nie. Ek wou die dag vir hulle beter maak.”

Die kindertjies het met glimlaggende gesigte en dankbare harte die gebaar waardeer.

Maritz en haar ma, Geraldine, het ook al tydens ’n soortgelyke geleentheid ’n kinderhuis besoek waartydens hulle kolwyntjies uitgedeel het en vir die dag heerlik saam met die kinders baljaar het.

Maritz is vir die afgelope drie jaar ’n model, en sal graag eendag die loopplank haar loopbaan wil maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek het ookal so gemaak. Net nie gedink om foto’s te neem sodat die hele land moet weet nie.

LIEZL ·

ja nee, Vaaldonkie, so het ek ook al in my lewe ander mense gehelp, sonder dat hulle weet dit was ek. Mattheus 6:3 “Maar jy, as jy liefdadigheid wil bewys, moenie dat jou linkerhand weet wat jou regterhand doen nie.”

Mauritz ·

Help ander mense en sorg dat die hele land daarvan weet = Reklame. Help ander mense sonder dat enigiemand daarvan weet = Liefdadigheid.

May10 ·

“Be careful that you don’t do your charitable. giving before men, to be seen by them, or else. you have no reward from your Father who is in heaven.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.