Meisieshoër vereer vroue vir Cool Capital

Meisieshoër vereer vroue met indrukwekkende kunswerke vir Cool Capital

Meisieshoër vereer vroue met indrukwekkende kunswerke vir Cool Capital

Die tema vir Cool Capital 2016 is “Klein is Groot” en deelnemers is aangemoedig om werke te skep wat wys hoe klein ingrype ʼn sterk boodskap kan oordra. Vir die Cool Capital Biënnale se skolekunskompetisie, waarvan Atterbury Trust weer die borg is, het die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria ʼn projek gekies wat herinner aan kwilt. Kunsonderwyseres, Renee Barnard, vertel meer.

Wat beeld die werk uit en wat noem julle die projek? Waar gaan dit staan?
Elke meisie het ʼn 500mm x 500mm kunswerk geskep wat ʼn vrou vereer wat ʼn belangrike rol in haar lewe vervul, wat dan saamgevoeg gaan word in ʼn groter kunsinstallasie om ʼn monument vir vroue te vorm. Dit kon ʼn portret van enigiemand in haar lewe wees, gemaak in die medium van haar keuse. Vroulike handwerk-items is gebruik, soos patrone, stukkies afvallap, naald en garing, knope, borduurwerk, naaldwerk, gereedskap, tafeldoeke, kant, krale en enige ander handgemaakte items, wat as vroulike metafore ʼn dieper konsep en simboliese boodskap oordra. Elke meisie het ook die skool se argitektoniese planne van die nuwe studentesentrum in haar kunswerk ingebring, om die werk met die skool te verbind. Die uitstalling sal juis ook in hierdie sentrum plaasvind. Die meisies het ook ʼn kunstenaarsboek oor die oorblywende stukkies materiale gemaak, wat ook deel gaan vorm van die finale uitstalling.

Wie neem almal vanjaar deel en wie is die praktiserende kunstenaar wat julle hiermee help?
Al 25 meisies in ons Graad 11 visuele kunsklas het deelgeneem en ons was bevoorreg om saam met die befaamde Jan van der Merwe aan ons projek te werk.

kwilt2

Hoe het julle op die onderwerp besluit?
Die basis van die projek is ʼn spontane benadering tot kunsmaak. Die uiteindelike kunswerk bestaan uit fragmente van verskillende beelde en tegnieke, wat op lukrake manier op die formaat geplaas word. Jan van der Merwe het weekliks saam met ons gewerk en ons verskillende tegnieke geleer, soos verskillende verftegnieke, tekentegnieke, borduurwerk en stensilwerk. Die keuses van tegnieke het spontaan ontwikkel soos die proses vorder.

Hoe ver is julle met die hele projek?

Die klas het einde Junie, aan die einde van die tweede skoolkwartaal, die finale opdrag ontvang en in Julie, met die begin van die derde kwartaal, daarmee begin. Die finale gedeelte van die projek is op 23 September ingedien. Ons kan nie wag om ons installasie te onthul nie, wat hopelik spoedig sal wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

hang af wat jy bedoel ·

Wel die tema gaan oor hmvaeisies en vrouens wat hulle (hare nie amptelike meervoud van haar, besitlike vorm) so ja daar was baie van meisie wat haar rolmodel tentoonstel.
Of een hulle hare, wat op die kop groei gebruik het, word nie in die artikel gesê nie.

Malva ·

Lyk besonders… mnr Jan v/d Merwe het die gawe om kreatiwiteit in die jonges te ontsluit.
Bakoor, jou opmerking is geen kommentaar waardig.

jo jo ·

Malva dit was n tong in die kommentaar soos dit vir my lyk van bakoor. Maar as die skoen druk trek hom uit. Gemiet jou pap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.