Mej. SA vat dié geskenk na Mej. Heelal

Tamaryn dra die halssnoer wat sy saam met Jack Friedman ontwerp het (Foto: Verskaf)

Tamaryn Green, 2018 se Mej. Suid-Afrika, het eer betoon aan Kaapstad met ʼn geskenk wat sy volgende maand saam met haar na die Mej. Heelal-kompetisie sal neem.

Al die deelnemers aan die Mej. Heelal-kompetisie moet jaarliks ʼn geskenk aan Mej. Heelal-organisasie gee wat dan op ʼn veiling verkoop word.

Green het saam met Jack Friedman gewerk om ʼn halssnoer te skep wat haar liefde vir Suid-Afrika en spesifiek vir Kaapstad, waar sy grootgeword het, uitbeeld.

“Die ontwerp van die halssnoer vier Green se tuiste met die ikoniese Tafelberg. Green wou ʼn positiewe boodskap oor die land uitstuur, en wat is beter as die onlangse reën wat die droogte in dié streek verbreek het?” het Sun International in ʼn verklaring gesê.

Green het die reën in die halssnoer verteenwoordig deur middel van silwer reëndruppels.

Die halssnoer betoon eer aan Kaapstad, waar Green groot geword het. (Foto: Verskaf)

“Die wonderlike reën waarmee Kaapstad die afgelope tyd geseën is simboliseer nuwe ontwikkeling en hoop vir Suid-Afrika,” het Sun International gesê.

Suid-Afrika se nasionale voël, die bloukraanvoël,  en die nasionale blom, die protea, is ook in die kante van die halssnoer uitgebeeld.

“Die halssnoer is afgerond met Afrika se buitelyne, gegraveer met Nelson Mandela se gesig. Green wou wys dat die Wes-Kaap oop is vir handel. Die halssnoer sal opgeveil word en die geld sal vir liefdadigheid gaan.”

Die Mej. Heelal-kompetisie vind op Maandag 17 Desember in Bangkok, Thailand, plaas. Voormalige Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, sal by dié geleentheid haar opvolger kroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wonner ·

Ek is seker Demi-Leigh gaan die kroon aan haar oorhandig, sy is beeldskoon en so ook die halsnoer!!

Gesiggie ·

Tamaryn… jy is n n ware skoonheid….. en ons almal hou stuif duim vas, dat jy die Mej. Heelal kroon sal terug bring, want jy verdien dit…… Go girl… en daai halssnoer gaan vir jou geluk bring.

Nicoline van Niekerk ·

Mooi so…mag die geluk nog meer reën vir Kaapstad beteken.Mag dit goed gaan…Tamaryn.Jy’t ook ‘n prag persoonlikheid.

Jozi ·

Ek dink die beste geskenk wat sy kon gee is om daai aaklige uitrusting by die huis te los.
Halsnoer is maar so so.

Jozi ·

@MJ. Jaloesie? Glad nie.
As jy reken die aardige vere uitrusting is iets om oor opgewonde te raak, dan is dit seker maar reg so. Smaak verskil.
Wat die halsnoer aanbetref… daar is geen “wow” faktor nie. Pretty much average.
Kom ons wag maar en kyk wat gebeur. Sal ek my geld op haar sit?
Nee, want sy gaan haar naam met ‘n plank (spul vere) slaan.

E.K. die eerste ·

Jozi jy is onnodig aanvallend. Sy is pragtig en as sy nie wen gaan sy darem wraggies ne haar naam met ‘n PLANK slaan nie. Die vere uitrusting is ook nie my smaak maar wat dalk sien hulle dit as pret en gaan mal daarvoor. Sy het ook nie ‘n keuse maar moet dit met waardigheid (probeer!) dra so om nou katterig oor haar te wees is regtig ongevraagd. Die haslnoer is mooi en fyn en pas myns insiens by ‘n jong dame en wat dit uitbeeld is pragtig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.