Halfpad deur ʼn baie uitdagende driekamp het Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie eers ʼn kort breek gevat om tassies te gaan uitdeel by Hendrik Potgieter Landbouskool op Reddersburg. Die skool kry baie swaar en baie van die kinders is afkomstig van die Paul Kruger Kinderhuis op die dorp.
Vroegoggend het Le Roux die skoolterrein binnegery met tassies vir die behoeftige kinders wat volgende jaar graad 1 toe gaan. Die kinders het hom vol geesdrif ontvang, bly om die man van Buffelsfontein Baard-olie te kan ontmoet.
“Dis lekker om ook die plattelandse skole te besoek en te sien vir wie ek hierdie kilometers aflê,” vertel Le Roux. Hy het besluit om die Tastrap aan te durf nadat hy te hore gekom het van die Skooltassieprojek en die reuse-aantal Afrikaanse kinders wat by die projek baat, want vir hierdie kinders is dit nie net ’n tassie vol skryfbehoeftes nie. Dit is die eerste trappie op ʼn leer om uit die put van armoede en moedeloosheid te ontsnap.
Die Skooltassieprojek is ’n nasionale projek waardeur meer as 30 000 tassies al aan behoeftige graadeens geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is. Die projek speel ʼn onmisbare rol in behoeftige graadeens se lewe, want danksy so ’n tassie kan hulle hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats begin.
Ondersteun hom gerus met sy Tastrap deur die woord “Tastrap” na 39950 te SMS. SMS kos R2.
” . . . eers ‘n kort ‘breuk’ gevat om . . .”?
” . . . eers ‘n kort ‘breek’ gevat om . . .”?
Dagsê Taalwaghond
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Wonderlik!!
Ons benodig meer hiervan vir ons Afrikaanse kinders.
Dankie vir alles wat julle doen:-) EK VIR EEN WAARDEER DIT OPREG!
Dankie watter onbaatsugtige diena julle vir kinders lewer.
Omgee, vriendelikheid maak ‘n verskil in iemand se lewe! Dankie oom baard olie :-)
Dis wonderlik, fantastiese inisiatief, terwyl die ander kla, DOEN hy iets .. as almal minder praat en net ietsie vir sy EIE gemeenskap doen sal dit ook al beter gaan. As jy ‘n ‘mechanic’ is, bied jou dienste aan vir ‘n minderbevoorregte persoon wat nie kan bekostig om sy motor reg te maak nie, as jy ‘n haarkapper is, bied jou dienste aan vir ‘n dame of twee wat nie ‘n haarsny kan bekostig nie, as jy ‘n prokureur is en met skuldinvordering kan help, help mense wat nou bankrot is agv ander mense wat hulle geld skuld om geld in te vorder .. as jy ‘n onderwyser is, bied ‘n ekstra klassie of twee aan vir minderbevoorregte kinders .. as jy ‘n dokter of tandarts is, doen ten minste EEN gratis geval ‘n maand. JA EK SLUIT ALMAL In .alle beroepe, niemand is te GROOT om te val nie en niemand is te FANCY om nie te help nie, doen elkeen sy ding en vinnig sal julle ‘n verskil in die land sien.