Michael streef na geluk en ʼn sorgvrye lewe

Michael Beukman

Michael Beukman van Hoërskool Noordheuwel gaan die toekoms tegemoet met agt onderskeidings. Hy het A’s behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, inligtingstegnologie, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie.

Sy pa, Gawie, is ʼn geoktrooieerde rekenmeester en sy ma, Helene, ʼn huisvrou. Hy het ook ʼn jonger suster, Connie, in die hoërskool en ʼn kleinboet, Aidan, in die laerskool.

Ná ʼn blaaskans in Margate wil hy rekenaarwetenskap en wiskunde aan Wits gaan studeer.

Michael is lief vir lees en fisieke oefening. Hy was by twee geleenthede die nasionale wenner in karate. Daarby het hy ʼn tweede plek in die SA skaakkampioenskap behaal. Hy het ook deelgeneem aan debatsvoering.

“Alles is neutraal,” is sy lewensfilosofie, “dit is jý wat bepaal hoe jy dit sien.” Hy skryf sy prestasies toe aan harde werk. Hy beskou die fiktiewe karakter Patrick Star as sy rolmodel – “omdat hy altyd gelukkig is”.

Michael skerts dat hy “sosiaal gestremd” is, maar beskryf homself as ʼn persoon wat nie oor enigiets te veel omgee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justice ·

Michael – `n uitstekende lewensfilosofie – baie geluk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.