Miles for a Million samel méér as R1 miljoen in

Deon Brink Ivor Potgieter en Hendrik Steytler – met ‘n tjek vir R1 miljoen (Foto: Verskaf)

Met die aanvang van Jacaranda FM en Tracker se jaarlikse bergfiets-geleentheid, Off the Beat ʼn Track, het die drie mans wat met bergfietse van Kaapstad na Pretoria gery het, hul 1 650 km lange tog voltooi.

Maroela Media het vroeër berig dat drie bergfiets-entoesiaste, Hendrik Steytler, Deon Brink en Ivor Potgieter, die 1 650 km tussen Kaapstad en Pretoria gaan aandurf om R1 miljoen in te samel vir Jacaranda FM se Good Morning Angels wat weekliks poog om ʼn verskil in behoeftige mense se lewe te maak.

“Die gehoor het Hendrik, Deon en Ivor met ʼn massiewe gejuig en handeklap verwelkom toe hulle ná die 11 dae lange Miles for a Million-toer hul eindpunt by Off the Beat n Track bereik het,” het Altus Venables, die woordvoerder van Jacaranda FM, gesê.

Deur die ruim ondersteuning van mense en ondernemings oor die hele Suid-Afrika, het dié trio dit reggekry om hul teiken van R1 miljoen in te samel, en dié bedrag styd steeds. Martin Bester het Maandagoggend aangekondig dat die bedrag reeds op R1,5 miljoen staan.

Die tjek word aan Jacarande FM se Good Morning Angels oorhandig (Foto: Verskaf)

Steytler het gesê dit het hulle baie gehelp dat mense oor die hele land saamgespan en hulle ondersteun het.

“Die eerste week was lekker, maar dan kom jy op ʼn punt waar jy dink: ‘Is dit regtig nog vyf dae lank?’. Dit is geestelik moeilik om daardeur te kom. Ons het mekaar gemotiveer en gehelp om selfvertroue op te bou vir die res van die pad.

“Dit was so lekker as ons mense langs die pad gekry het wat ons aanmoedig. Of soos toe ons in Fraserburg aankom en daar kom ʼn vrou by die pad afgestap om vir ons elkeen ʼn koue Coke te bring. Die mense het ons energie gegee,” het hy gesê.

Die trio het ook gesê dat dit in ʼn stadium baie moeilik gegaan het aangesien dit koud en reënerig in die Sutherland-omgewing was. Dit het veroorsaak dat hulle eers 02:00 by hul bestemming aangekom het.

“Wat dit wel makliker gemaak het, is dat ek my beste vriende by my gehad het. Ons kon dit nie sonder mekaar gedoen het nie,” het Potgieter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Humbug ·

Well done! Onbaatsugtig deurgedruk. Ons land kort meer van jul. Trots op julle. Het elke oggend geluister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.