Miljoene verstom oor 10-jarige se ‘Hallelujah’

Kaylee Rogers (Foto: Skermgreep uit die video)

Kaylee Rogers (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn 10-jarige meisie van Ierland laat mense wêreldwyd verstom staan nadat ʼn video van haar koorsang op sosiale media gedeel is.

Die video van die koor se weergawe van Leonard Cohen se bekende “Hallelujah”, wat tydens die skool se Kerskonsert opgeneem is, is binne drie dae meer as 170 000 keer gekyk. Byna 2 miljoen mense het intussen reeds sedert Maandag na die video op Facebook gekyk.

Kaylee Rodgers, van Donaghadee in County Down, het outisme en ly aan aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD), maar die sang help haar om selfvertroue te bou.

Sy sing die sologedeelte van die bekende liedjie by haar Killard House School se Kerskonsert.

Maroela Media het vroeër berig Leonard Cohen is op 7 November 2016 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Dit is dalk nie die plek hier nie, maar kom ek sê julle, julle kan gerus na “Sasha” van Getroud Met Rugby gaan luister. Sy, Anlia van Rensburg is ongelooflik, sy is werklik ‘n ster. Sy gaan nog een van die grootstes in SA raak, sy kan maar sing.

Johann ·

Ek het haar nou die dag Koos Doep hoor sing, en met gevoel wat skrik vir niks. Beste nog.

Peet ·

Liewe meisiekind, dis nou 02h20 in die oggend en jy het my nag gemaak hier waar ek sit en luister na jou asook die spannetjie saam met jou. Ek sien dat dit ‘n spesiale skool is vir julle mensies. Daarom het julle ook wonderlike onderwysers en ouers wat na julle omsien. Bowenal is daar ook die Here wat in julle behoeftes voorsien. Julle is ‘n voorbeeld vir sogenaamde ‘normale’ mense. Sterkte en voorspoed op julle lewenspad.

Charmaine ·

Ja Peet jy is so reg en ek stem heeltemal saam met jou. Hul is wonderlik die kinders en lief hul baie.

Swanna ·

PRATIG PRATIG MAN ek het somer klomp trane laat rol. Sy is dood normal soos enige kind. Ons almal ly aan daardie siekte. Dit is die mens wat nou te lui geword het om dit te hanteer. Dit is kinders wat vol energie is en vol lewens lus. Mooi my kind jy het ‘n pragtige stem gebruik dit want dit is een van die baie talente wat ons LIEWE VADER vir jou gegee het.

Bertha Gerber ·

Pragtig en sy lyk selfversekerd, ‘n bewys dat niemand sonder ‘n talent is nie.

Erika ·

Die Liewe Vader het vir jou n wonderlike talent gegee…..en jy gebruik dit met soveel selfvertroue….mooi….jy is n ster

Friena Diepraam ·

Werklik pragtig. Laat die kinders sing en sing ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.