Miljoene vir studie in Afrikaans

tablet-rekenaar-boek-papier

Foto: Tookapic/Pexels.com

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vanjaar weer miljoene rande beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline.

Studente wat vir ʼn meesters­graad of doktorsgraad by enige universiteit in Suid-Afrika wil inskryf, kan aansoek doen, het die uitvoerende hoof van die SA Akademie, dr. Dioné Prinsloo, vandag gesê.

Die waarde van die beurse beloop tot soveel as R120 000 vir doktorsgraadstudie en R60 000 vir meestersgraadstudie. Voltydse sowel as deeltydse studente kan aansoek doen. Die enigste voorwaarde wat die Akademie stel, is dat die uitkoms van die nagraadse studie in Afrikaans aangebied word.

“Hoewel universiteite in Suid-Afrika sterk verengels, glo die Akademie dat daar steeds plek is vir gevorderde studie in Afrikaans en dat studente wat dit verkies sover moontlik in staat gestel moet word om hul nagraadse studie in hul moedertaal te voltooi – in hierdie geval Afrikaans,” het dr. Prinsloo gesê. “Met hulle gevorderde studie dra die studente ook by tot die uitbreiding van Afrikaans as vaktaal. Die SA Akademie aanvaar dat daar genoeg Afrikaanstalige akademici in die land is wat nagraadse studente in Afrikaans wil en kan begelei.”

  • Aansoeke vir die akademiese jaar 2018 sluit einde Augustus. Navrae kan gerig word deur ʼn e-pos na Melanie Rens by [email protected] te stuur. Inligting hieroor is ook by akademie.co.za beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MCH ·

Absoluut verblydende nuus in die tye van koelbloedige taalmoord.

Reinhardt ·

Fantasties! En kyk net wie het sopas aansoek gedoen vir sy nagraadse studies wat ek in elkgeval in Afrikaans sou doen.

JC ·

MOOI JULLE! BRAVO SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Dit is ironies dat ek die ander dag op hul webtuiste was en die einste inskrywings besigtig het. Sjoe, daar is baie individue wat aansoek gedoen het om beurse vir tesisse/verhandelings in Afr, en ek is seker hulle almal sal ‘n groot sukses van hul studies maak!
Die feit dat daar so naarstigtelik en ywerig om die beskikbare beurse gekompeteer word, en dat die onderwerpe vir meesters en doktorale tesisse/verhandelinge ooglopend van so ‘n gevarieerde en kwaliteit kaliber/aard is, MAAK REGTIG hierdie hele belaglike TAALspulletjie rondom VOORGRAADSE STUDIE in jou moedertaal lagwekkend, en word die hele spul rondom Afrikaanse moedertaal onderrig weerle deur wat ek gesien het!
Dit wys net dat ‘n GROOT deel daarvan toegeskryf kan word aan jaloesie en onverdraagsaamheid, maar daardie tipe speletjie kan aan albei kante gespeel word en ‘n hond laat hom net soveel keer skop!!!!!
Nog interessanthede wat ek teegekom het was ‘n Sterrekundewoordeboek wat afgelaai kan word te die webtuiste sowel as ‘n Gewysigde Paramediese Vakwoordeboek; wat ABSOLUUT bevonk is!
Weereens, wel gedaan ouens. JULLE MAAK MENS TROTS, TROTS AFRIKAANS -ONS PRAGTIGSTE EN MEES GEKOESTERDE TONGVAL!!!
Terloops, het enige van julle al opgemerk hoeveel sinonieme daar in Afrikaans bestaan, vir elke liewe Engels uitdrukking is daar omtrent 2 of 3 Afrikaanse alternatiewe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.