Mobiele biblioteke vir laerskoolleerders op die Kaapse Vlakte

mobiele-boeke

Leerders en onderwysers van die Laerskool Irista spog met boeke uit hul splinternuwe mobiele biblioteek. Links agter is mnr. Danie van Wyk, FEDSAS-verteenwoordiger, en regs agter mnr. Francois van Wyk, skoolhoof. Foto: Verskaf

Mobiele biblioteke, ter waarde van R30 000 elk, het hul staan gekry in drie laerskole op die Kaapse Vlakte. Dié unieke projek is ’n inisatief van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS), in samewerking met Quali Books en die sangeres Nedine Blom.

“Elke mobiele biblioteek bestaan uit ’n kabinet waarin die boeke van klas tot klas geneem kan word en bevat boeke wat op laerskoolkinders gerig is,” verduidelik Danie van Wyk, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust (SAOOT) in die Wes-Kaap. SAOOT is ’n onderafdeling van FEDSAS.

Die drie skole wat vanjaar mobiele biblioteke ontvang het, is die laerskole Irista, Tygersig en Scottsville. Al drie skole se beheerliggame is lid van FEDSAS. FEDSAS beplan om die projek volgende jaar uit te brei na nog ses skole.

“Ons is in die wolke oor hierdie skenking. Ons skoolbiblioteek is nie voldoende toegerus nie en die mobiele biblioteek is die akademiese inspuiting wat ons leerders nodig het. Onderwysers sal ook hierby baat vind, omdat boeke ’n waardevolle onderrigmiddel is,” sê Francois van Wyk, skoolhoof van Irista.

Volgens Van Wyk is hierdie projek van FEDSAS is spesifiek gerig op skole in voorheen benadeelde gebiede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronell ·

En wanneer word hierdie een tot niet gebrand??? net omdat iemand nie hul sin kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.