Moedersdag – ʼn Pa se ode aan alle mammas

Het jy geweet ’n ma kan enigiets doen?

Ma’s kan om hoeke sien, hulle kan kinders deur dik mure hoor, en hulle kan selfs hulle kinders se stiltes vertolk asof dit ’n ten volle ontwikkelde taal is.

’n Ma sal byvoorbeeld heerlik met ’n vriendin staan en gesels en skielik vir die kinders skree om op te hou om teen die mure te teken, op die beddens te spring, of skelmpies lekkergoed uit die kas vas te lê. En sy is nooit verkeerd nie.

Of ma en pa sal ’n (witwarm) gesprek in die huis hê, terwyl die kinders buite speel, en sy sal skielik ophou met praat en sê: “Die kinders is te stil”. In teenstelling, dink ’n pa gewoonlik: “Ag, dankie tog vir ’n verandering is die stilte al te lekker”. Maar, natuurlik is mamma reg en die kinders is besig om iets verbode te doen.

Dit is amper asof ’n ma kan “hoor” of dit ’n goeie of slegte stilte is.

Hoe kry sy dit reg?

Die enigste gevolgtrekking waartoe ek kan kom, ná baie jare van vaderskap, is dat ma’s regtig om hoeke kan kyk en deur mure kan sien.

Skoene

Nog ’n eienskap van die moderne mamma is hoeveel verskillende soorte skoene sy kan dra, en soms dra sy sommer meer as een soort skoen gelyktydig. Voordat ek onskuldig in die spervuur beland van mammas wat die artikel lees en dink ek insinueer dat hulle lewens rondom skoene wentel, ek doen dit glad nie. Skoene is maar my beeldspraak vir al die verskillende rolle wat ma’s vertolk.

Eerstens is daar die professionele skoene. Die meeste mammas werk deesdae voltyds, of hulle kantoor toe pendel of van die huis af werk. Vroegmôre trek sy al haar professionele skoene aan (die regmaakproses om werk toe te gaan) én sy dra sommer haar rasieleier-skoene tegelykertyd (motiveer die kinders om op te staan, raas as dit nodig is, sorg dat hulle aantrek en sommer oraloor reg is vir skool).

Dan trek sy haar bestuurderskoene aan om die kinders skool toe te vat, of te sorg dat hulle by die skool besorg word, trek haar selfoonskoene aan om afsprake te maak en sommer oor die selfoon allerlei krisisse uit te sorteer. By die werk dra sy haar professionele skoene voltyds, alhoewel sy hulle af en toe blitsig moet uitskop om haar mamma-skoene aan te trek om ’n oproep van die skool af te beantwoord, of die skool se WhatsApp-groep te bekyk vir die nuutste huiswerk en skoolreëlings. Dan moet sy ook nog “noodoproepe” van die kinders af beantwoord.

Pa’s wat dié artikel lees hoef nie bekommerd te wees as hulle nie weet waarom die “noodoproepe” in aanhalingstekens geskryf is nie, mammas weet. Maar, net ter verduideliking, dié oproepe se noodgevalle mag wissel van ’n gestryery tussen haar kinders, tot ’n “regtig, regtig absolute krisis” waarvoor meer beltyd op die kind se selfoon benodig word om langer met ’n maatjie te kan praat.

Terug tuis, ná ’n uitputtende dag, moet mamma weer van skoene verander, en dikwels blitsig ook. Daar is die is-die-huiswerk-gedoen-skoene, die sielkunde-skoene, die verpleegsterskoene, die moederhartskoene (troos en raadgee), die omsien-na-die-magie-skoene en die skuba-skoene (sorg dat die kinders bad en in die bed kom).

Verskillende treë

Mammas dra nie net verskillende skoene ter wille van hulle kinders nie, hulle gee ook verskillende lengtes treë terwyl hulle saam met hulle kinders op hulle lewenspad stap. Dit begin met klein babatreetjies, en namate die kinders ouer word, word die treë langer, met mamma wat al die pad saam met die kinders stap. Uiteindelik word dit ’n sikliese roete wanneer die kinders self ouers word.

Capital Legacy besef en eer moeders daarvoor dat hulle skoene dra wat niemand anders kan volstaan nie. Dit is waarom ons moeders help om hulle toekomsskoene aan te trek sodat hulle voorsiening vir hulle kinders kan maak, sou hulle te sterwe kom. Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat meer as 40% van die mammas in ons land enkelouers is.

Om intestaat te sterf, terwyl jy minderjarige kinders het, kan negatiewe uitkomste vir die kinders inhou.

Twee groot uitkomste is die volgende: Die hof sal ’n voog/voogde vir die minderjarige kind/kinders aanstel, wat nie noodwendig die mamma se keuse sou wees nie.

Tweedens word die bates van die bestorwe boedel in die staat se Voogdyfonds geplaas, omdat ’n minderjarige kind nie bates mag besit of administreer nie. Die kind se voog, tutor of kurator mag eise teen die Voogdyfonds instel vir uitgawes wat die minderjarige kind se behoeftes betref.

Dit kan nogal ’n langdradige proses wees omdat elke eis gefynkam word om seker te maak dat dit bo verdenking is. Sou die ouers ’n geldige testament gereed gehad het, sou niks van bostaande nodig gewees het nie.

Capital Legacy maak dit so maklik vir moeders om rustig te slaap, wetende dat daar vir hulle kinders voorsiening gemaak is.

Capital Legacy spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.