Moedertaalonderrig op almal se lippe

scrabble-476578_1920Vandag is Internasionale Moedertaaldag en Afrikaans.com stel ʼn splinternuwe en interaktiewe moedertaalonderrig-blad in hul Lekker Leer-afdeling bekend.

Almal het vrae oor moedertaalonderrig en wat ’n mens te doen staan in hierdie veranderende taallandskap waarin ons ons tans bevind. Hoe maak jy seker jou kind het die beste kans op sukses? Moet jy nie maar in elk geval jou kind na ’n Engelse skool toe stuur nie?

Internasionale Moedertaaldag

Internasionale Moedertaaldag bevorder kulturele diversiteit, moedertaal en veeltalige onderrig en word sedert 2008 wêreldwyd op 21 Februarie gehou. Vanjaar is die tema “’n Volhoubare toekoms deur veeltalige onderrig”, met die doel dat almal geletterdheid in taal sowel as syfers sal behaal. Derhalwe moet leerders toegang hê tot onderrig in hul moedertaal en in ander tale. Dit is slegs wanneer ’n mens jou eerste taal of moedertaal onder die knie het dat die basiese vaardighede van lees, skryf en syfergeletterdheid verkry word. (http://www.unesco.org/new/en/international-mother-language-day/)

Gaan lees gerus op Afrikaans.com se tuisblad wat alles op die taal- en kultuurfront gebeur en wie doen wat ter viering van Internasionale Moedertaaldag.

Wees op die uitkyk vir die Afrikaans.com Moedertaalonderrig-blad

screen-shot-2017-02-21-at-8-49-03-amOp Afrikaans.com se interaktiewe moedertaalonderrig-blad word alle vrae beantwoord oor hoekom moedertaalonderrig so belangrik is vir toekomstige sukses. Dit vertel jou meer oor veeltaligheid en besweer sommer ook ʼn paar bekommernisse en mites rakende moedertaalonderrig. Ons nooi jou uit om jou vrae met ons te deel sodat ons die kundiges kan raadpleeg en saam met jou ons kennis oor hierdie belangrike onderwerp kan uitbrei in ons strewe na suksesvolle en volhoubare ontwikkeling. Hier is die skakel: http://www.afrikaans.com/leer/lekker-leer/moedertaalonderrig

Wil jy met ʼn paar kundiges gesels?

Dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof: Afrikaanse Taalraad
E-posadres: [email protected].za
Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad en hoogleraar in Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg.
E-posadres: [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.