Mooigoed vir mamma

Sy is die een wat alles weet en wat enigiets kan doen. Sy is langs die sportveld of in die gehoor as jy ʼn prestasie vier en sy is daar as jy ʼn drukkie of ʼn pleister nodig het. ʼn Ma is die kern van die gesin, die steunpilaar, die staatmaker.

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het spesiaal vir Kersfees (en vir enige tyd deur die loop van die jaar!) ʼn paar geskenke met die hand uitgesoek waarmee jy die ma (of ouma, juffrou, peetma, vriendin, sussie, of enige ander spesiale vrou in jou lewe) kan bederf! Dis mos nou stukke beter as net nóg ʼn roompie of pantoffels.

En selfs al is sy nie ʼn ma nie, dan kan jy haar nog steeds met dié mooigoed bederf.

Snuffel gerus in die rakke rond en loer veral na die mooiste handsakke en die lekkerste klapsoen-lipsalf.

Egte leer-boeksak met vier sakkies

Lyk soos ʼn ervare proffie met hierdie egte leer-boeksak wat kan diens doen as boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of ʼn handsak. Die sak is uitgevoer met groen denim en het twee toeritssakkies aan die binnekant, en nog ʼn twee sakkies aan die voorkant en twee aan die kante. Dit het ʼn skouerband en handvatsel vir lekker dra, en tradisionele gespes en stikwerk wat enige saalsak kitsch sal laat lyk. Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy. Koop dié mooi leersak nou.
(*LET WEL: Aflewering vir hierdie produk sal binne twee weke geskied.)

Handsak (met ritssluiter)

Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak. Die handsak het ʼn ritssluiter, toeritssakkie aan die buite- en binnekant en skouerbande. Koop dié mooi handsak nou

Handsak (sonder ritssluiter)

Lyk altyd spoggerig met dié duursame leerhandsak aan jou sy: of jy nou gereedmaak vir inkopies in jou gunstelingwinkelsentrum, gaan koffiedrink saam met jou vriendinne of sommer net spoggerig wil lyk vir ʼn braai by vriende. Dié leerhandsak is net so kosbaar soos vriendskap. Die handsak is uitgevoer met belyning met ‘n hakie binne-in waaraan jy jou beursie kan knip vir veiligheid en ‘n toeritssakkie aan die binne en buitekant met skouerbande. Koop dié mooi handsak nou 

Klein handsak

 

Van studentwees tot professionele persoon en selfs die dag wat jy uiteindelik jou eie onderneming begin: Hierdie elegante handsak is ideaal vir elke dag se gebruik, met genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat jy by jou wil dra. Dié stewige handsak het ʼn groot sak met twee toeritssakkies aan die binnekant, ʼn flap wat met ʼn magneetknippie vasmaak, twee klein sakkies aan die voorkant en verstelbare skouerband. Koop dié mooi handsak nou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.