Afrikaans.com het onlangs aangekondig dat hy vanjaar nóg nege skole uit die Wes-Kaap by sy muurkunsprojek, wat in 2017 van stapel gestuur is, gaan betrek. Sedert die ontstaan van die projek het 30 skole landswyd betrokke geraak.
Dié projek moedig laer- en hoërskoolleerders aan om groot te droom in hul moedertaal deur skoolgeboue met inspirerende Afrikaanse boodskappe en illustrasies op te kikker.
Die doel van die muurskilderye is om die skoolomgewing mooi en inspirerend te maak en die leerders se verbeelding vlerke te gee. So word hulle aangemoedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik.
Een muur word by elke deelnemende skool geverf waarna die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media verder gevoer word.
Hoërskoolleerders word aangemoedig om die hutsmerk #droomgroot op kreatiewe wyse op sosiale media te gebruik deur foto’s en video’s van hul drome en talente voor muurskilderye te neem en dan op sosiale media te plaas.
Laerskole se muurkuns fokus op woordkuns wat leerders se leesvermoë verbeter en verbeelding prikkel.
Besoek gerus Afrikaans.com se webwerf vir meer inligting oor die muurkunsprojek.
Dankie projekteen ondersteunding.Wow wonderlik nuus hoop meer so muurkunsprojek reg oor SA skole doen asb. Goed vir kuns kinders vir uitdaging en selfvertroue en ontwikkel en hou hulle besig glo my hulle sal geniet werk ook goed uit vir span bou. Op val op verf vreeslik mooi iets om uit te kyk na nuut uitdaging intersant ens. GO!!!