My liewe kind, daar gaan jy…

My liefste kind

Dit voel soos gister wat ek en jou pa jou vir die eerste keer aangetrek het vir skool. Jy het vroeg en baie opgewonde ons uit die bed uit kom jaag. Jou wit hempie was effens te groot en jou skoene blink van die politoer.

Jou skooltas was lomp op jou groot ruggie, maar jy het met ʼn huppelstap en ʼn groot glimlag die skool binnegestap. Mamma het gedink jy gaan vreeslik huil, maar toe is ek die een wat met trane in die oë vir jou waai.

Vandag staan ek alweer in daardie selfde skoene waarin ek 12 jaar gelede moes staan. Jy gaan universiteit toe om vir jou ʼn toekoms te gaan bou. ʼn Toekoms waaroor ons elke dag bid!

Maar ek stuur jou nie leë hande nie. Hierdie sak is iets wat jou deur die moeilike en lekker tye van student-wees gaan dra… en voor jy jou oë uitvee, saam met jou by jou eerste werk gaan instap. Dit is van egte leer gemaak om jou te herinner aan wie jy is, ʼn kind van die aarde wat hard werk vir die opbrengs wat jou toekom.

Dit is ons geskenk aan jou.

Liefde

Pappa en mamma

Stuur jou oogappel universiteit toe met ʼn spesiale egte leer-boektas… nou beskikbaar op Maroela Media se aanlyn winkel die Koöperasie.

Prof. Hennie se egte leer-boektas

 

 

 

 

 

 

 

 

Sanet se egte leersak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lukas van Zyl ·

Julle plaas hierdie brief in n poging om jul produkte te verkoop? Ek weet darem nie.

Pauline ·

En wat is fout daarmee, Lukas? Die verkoop van produkte is ‘n bron van inkomste vir Maroela Media. Jy, ek en duisende ander geniet hul harde werk deur elke dag gratis nuusberigte en ander artikels hier te lees.

Pauline ·

Maroela Media; waar is my antwoord op Lucas van Zyl se kommentaar van ongeveer ‘n uur en ‘n half gelede? Dit het geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak, of kru, kras of vuil taal bevat nie.

Nico ·

Pragtige brief. Die kind is seker 12 jaar gelede graad 1 toe en nie 18 jaar nie….

Nico Strydom ·

Dagsê Nico
Jy is reg, jammer vir die oorsig. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.