My strikdas vir sy Valentyn

Valentyn

Foto: Facebook/ Karabo Johan Moa

Karabo John Moa (21), ʼn deeltydse student van Rustenburg, was só geraak deur ʼn bejaarde se planne vir Valentynsdag, dat hy sommer op die ingewing van die oomblik sy strikdas vir dié oom gegee het.

Dié jong man was Maandag by die Centurion-inkopiesentrum om ʼn geskenk vir sy ma te koop vir Valentynsdag, toe ʼn bejaarde man (89) hom komplimenteer op sy uitrusting. “Hy het my gevra waar ek my strikdas gekoop het, want hy was self op soek na een omdat hy sy vrou gaan uitvat vir ʼn spesiale ete vir Valentynsdag.”

Karabo meen hy was só geraak deur dié man se liefde vir sy vrou en kon nie glo dat die man nog, ná soveel jare, nog soveel moeite doen vir Valentynsdag nie.

“Ek het my strikdas afgehaal en vir die man gesê hy kan sommer myne kry.” Karabo meen hy wou die man so graag help omdat hy nie gedink het die oom sou ʼn strikdas in die winkel kry waarin hulle was nie, en dat hy lank sou soek in dié groot winkelsentrum.

Volgens Karabo het die man sommer bewoë geraak en gevra of hy vir die strikdas kan betaal. “Ek het gesê dis nie nodig nie en dat hy baie goed gaan lyk met dié strikdas. En dis toe dat die oom begin huil het. Ek het ook sommer emosioneel geraak.”

Die bejaarde man het Karabo bedank en gesê dat hy hom geïnspireer het om ʼn beter mens te wees en om meer liefde aan sy naaste te bewys. Karabo meen die oom het hom weer in ware liefde laat glo en dat hy so geseënd voel om iemand se lewe te kon raak, en geraak kon word.

“Ek wou net liefde aan dié man betoon wat nog soveel moeite vir sy vrou doen.”

Hy het ongelukkig nie die man se naam gevra nie, want hy meen die oomblik was net te groot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rikku ·

Kearabo n jy is ‘n galante heer.
Wat n mooi gebaar.
Ps wat doen jy Valentynsaand ?

Jakoba ·

Wat ‘n mooi gebaar van ‘n mooi jong mens met ‘n hart van goud. God sal jou ryklik seen jongman. Suid Afrika het biljoene mense soos jy nodig.

Hettie ·

Wow, jy het goeie hart om strikdas vir bejaarde man te gee! Trots op jou! God bless you!

RITA ·

Karabo wil jy nie asseblief ook na die universiteite toe gaan en die mense daar gaan leer wat “liefde” vir jou medemens is nie. Groot asseblief. Ek vra baie,baie mooi. Die HERE sal jou goeie dade raak sien en jou ryklik seen op jou pad vorentoe. Mooi loop:)

Pam ·

Karabo, jy is ‘n man duisend. Dit laat mens sommer ‘n lekker warm gevoel kry en nuwe hoop vir die land en sy mense.

Megan ·

Wow Karabo!
En dan voel dit soms vir ons te moeilik om ‘n verskil te maak.
Thumbs up!

Trots Afrikaans ·

Weereens wys dit ons dat liefde meer verrig as geweld….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.