ʼn Brief van die stad

Argieffoto (Foto: Olichel/Pixabay

Liewe Ouma

Ek hoop dit gaan sommer baie goed met julle op die plaas!

Ek dink gereeld aan die luilekker dae wat ons in die plaasdam deurgebring het, hoe ons visgevang het op die oewer van die rivier en die lekker groot swaai wat Oupa aan die boom vasgemaak het.

Ek mis Ouma se varsgebakte broodrolletjies en die reuk van beskuit wat staan en droog bak in die oond. Ek mis Ouma se lekker souskluitjies en die koekstruif waaraan Oupa altyd so lekker smul.

Hier by ons in die stad gaan dit maar soms dol en dan is dit lekker as ek soms kan terugverlang na dié sorgvrye dae.

Ek was baie dankbaar toe ek op Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, afgekom het. Die produkte herinner my aan die kontantwinkel op die dorp en as dit, na enige plek in die land heen, versend word, dan word dit net so mooi toegedraai soos Ouma altyd vir ons pakkies gestuur het.

Ek stuur graag die volgende vir julle aan, want dit is mos pure plaas!

ʼn T-hemp vir ouma van die kleinkinders

Ouma het rakke vol resepteboeke en die kleinkinders blaai nostalgies deur die familieresepteboek wat ouma met die hand geskryf het. As hulle aan ouma dink, dan ruik hulle sommer al die soetkoekies en pannekoek en regte egte boerekos wat niemand soos ouma kan voorberei nie.

Koop die T-hemp nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R150-00.

ʼn T-hemp vir oupa van die kleinkinders

Sy pappa is sy held, maar hy kyk met sterre in sy oë na sy oupa. Sy oupa leer hom hoe om sy vellies vas te maak, hoe om ʼn sweep te klap en hoe om die natuur te waardeer. Hy kan nie wag om sy oupa se skoene een dag vol te staan nie. Oupa is baie trots daarop om met dié T-hemp te kan spog.

Koop die T-hemp nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R150-00.

T-hemde van oupa en ouma aan die kleinkinders

Ouma se karnallie, ouma se suikerbekkie, oupa se bulletjie en oupa se hartedief – dit is die mooiste T-hemde wat die kleinkinders met trots sal dra!

Koop hierdie T-hemde nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R99-00.

Oom Boet se boeretroos

Oom Boet se boeretroos word gemaak van die beste bone van reg oor Afrika. Dit word gekweek in ryk, vrugbare grond. Die tradisionele handroostermetode word gebruik om jou koffie perfek te rooster.

Koop die boeretroos nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R85-00.

Yskasmagnete: kombuistaal en kindertaal

Yskasmagnete (beskikbaar in Die Koöperasie)

ʼn Kombuis is ongetwyfeld die hartklop van die huis – dis hier waar daar ure lank om die tafel gesit en gesels word, waar lief en leed met mekaar gedeel word, waar liggaam en siel gevoed word. Spog nou met yskasmagnete op jou yskas: Nou kan jy kinders (van alle ouderdomme!) besig hou terwyl jy die laaste voorbereidings doen.

Koop die yskasmagnete nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R60-00 (elk, as jy dit afsonderlik koop) of R110-00 (as jy twee blikkies yskasmagnete gesamentlik koop).

Beste wense uit die stad
Groetnis
Kleinseun Gert

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.