ʼn Kersfees met regte-egte speelgoed

Toe ons jonk was, het ons Kersgeskenke ons ure lank onder die grootmense se voete uit en aan die speel gehou. Maar deesdae, sê hulle, gee mense vir hul kinders Kersgeskenke met batterye; dan speel die speelgoed sommer met hulleself. Gee vanjaar vir die kinders in jul familie geskenke waarmee hulle ure sal speel, en wat op die koop toe sommer ʼn liefde vir hul Moedertaal sal kweek. Die beste van alles is dat grootmense met die meeste van hierdie voorstelle sal kan saamspeel!

Boereplaas met uitbreidingstel (Foto: Maroela Media)

Leer boer met dié heerlike Boereplaas-bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

Koop die Boereplaas- en uitbreidingstel nou in Die Koöperasie vir slegs R480-00

Sweep (4-riem) (Foto: Maroela Media)

Hierdie 4-riem-sweep is perfek vir jou kind wat ʼn nuwe stokperdjie soek. Die sweep het ʼn houthandvatsel en is gevleg met koedoeleer. Die leer word per hand uitgekies en met die hand gevleg om te verseker dat dit topgehalte is.

Koop die sweep nou in Die Koöperasie vir slegs R650-00

Kettie (Foto: Maroela Media)

Skiet leë koeldrankblikkies pap met dié kolskootkettie: net reg vir verveelde Saterdagmiddae op die plaas.

Koop die kettie nou in Die Koöperasie vir slegs R35-00

Tannie Marietjie se handsak van egte leer (Foto: Maroela Media)

Bederf ʼn tienermeisie met haar eerste handsak van egte leer – sy sal soos ʼn regte dame voel en dit het genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat sy by haar wil dra.

Koop die handsak nou in Die Koöperasie vir slegs R580-00

Kindertaal-kombuismagnete (Foto: Maroela Media)

Die kleinspan se aartappelstempel/handafdruk/eierdop-kunswerke pryk op jou yskas en op die mure in die gang. Al wat jy nou nodig het, is ʼn stel kindertaal-yskasmagnete waarmee hulle eenvoudige sinne kan bou.

Met woorde soos “speelgoed”, “teddiebeer”, “sjokolade”, “loop”, “staan”, “skop”, “bal”, “pop” en “rooi”, “geel”, “blou”, “groen” en “pers” en allerhande ander woorde wat jy nodig het om eenvoudige sinne mee te bou, kan jy hulle nou sommer van kleins af lief maak vir Afrikaans.

Koop ʼn stelletjie kindertaal-yskasmagnete nou in Die Koöperasie vir slegs R60-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.