ʼn Koppie boeretroos vir jou kruisie

(Argieffoto: Facebook via Wimpy SA)

Een van Suid-Afrika se bekendste restaurantkettings het besluit om vanjaar Suid-Afrikaanse kiesers aan te moedig om hul kruisie by die stembus te gaan trek deur ʼn gratis koppie van sy gewilde koffie aan te bied vir elke kieser wat sy stemreg uitoefen.

Wimpy het kiesers aangemoedig om op stemdag ʼn draai by enige Wimpy-restaurant landwyd te maak en bloot hul duim met die stemmerk op te toon om aanspraak op ʼn gratis stomende koppie koffie te maak.

“Om te stem is ʼn demokratiese reg wat alle Suid-Afrikaners geniet; maar nog belangriker, dit is almal se verantwoordelikheid om aktief die toekoms en regering van ons land te bepaal,” sê Jacques Cronjé, bemarkingshoof van Wimpy.

“Die gratis koppies koffie wat ons op 8 Mei aan kiesers sal uitdeel, is ʼn blyk van waardering aan Suid-Afrikaners wat deelneem aan ons land se demokrasie.

“Om te stem is nie iets wat ligtelik opgeneem moet word nie, veral gegewe die geskiedenis van ons land – daarom moedig ons almal aan om hul stem te laat hoor tydens die 2019-verkiesing.”

Dit is nie die eerste keer dat Wimpy hul #CupsForVotes-veldtog hou nie – die eerste is in 2014 gehou en volgens Cronjé het duisende Suid-Afrikaners na hul restaurante gestroom nadat hulle gestem het.

“Die reaksie op die veldtog is nie net oor gratis koffie nie. Dit is ʼn bewys van hoe ernstig Suid-Afrikaners hul demokrasie en verkiesings ag – en Wimpy is trots daarop om ʼn stoere lid van die Suid-Afrikaanse familie te wees.”

Besoek Wimpy se webtuiste om die naaste Wimpy-restaurant aan jou stemlokaal op te spoor en gaan vier jou stem Woensdag met ʼn koppie boeretroos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LPL ·

Behalwe van die “restaurante” het gesê die koffie is slegs saam met n order, en van hulle het net geweier om dit te doen.

Katrien ·

Pragtig Wimpy… ek gaan kom. Baie dankie ? kom DA kom drink koffie saam met my in die Kaap.

Valerie ·

Ek onthou in die 80s, hoe politieke partye jou voor jy die saal binnestap met vetkoeke en allerhande eetgoed probeer “wen” om vir hulle te stem. Dis tyd dat die stemmery op ‘n ander manier gedoen word, sonder enige inmenging van enige aard op stemdag. Dalk elektronies? Ek kon later nie meer vetkoek in die oë kyk.

Diana ·

Jammer nie al die Wimpy takke weet hiervan nie, of scrooge eienaars hou hulle dom want die Wimpy in Irene Village Mall ontken dat die ooreenkoms bestaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.