ʼn Sak wat netjies pas…

Handboeke, ʼn skootrekenaar, dokumente, ʼn selfoon, grimering, motorsleutels, speelgoed, kougom, pepersproei om skelms mee te spuit, pleisters, haarknippies, hoofpynpille… Dis verstommend as ons eers ons (hand)sakke begin uitpak en sien wat ons alles ronddra.

Of jy nou ʼn sakeman is of student of entrepreneur of besige ma of enige ander beroep wat jy beoefen, het Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, net die sak vir jou!

Handsak van egte leer – met rits

Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak.

Koop dié handsak nou in Die Koöperasie vir slegs R1 400-00

Handsak van egte leer – sonder rits

Lyk altyd spoggerig met dié duursame leerhandsak aan jou sy: of jy nou gereedmaak vir inkopies in jou gunstelingwinkelsentrum, gaan koffiedrink saam met jou vriendinne of sommer net spoggerig wil lyk vir ʼn braai by vriende. Dié leerhandsak is net so kosbaar soos vriendskap.

Koop dié handsak nou in Die Koöperasie vir slegs R1 300-00

Prof. Hennie se egte leer-boektas

 

Hy is ʼn bekroonde skrywer en sy onbaatsugtige liefde vir Afrikaans sal verseker dat ons moedertaal sal bly gedy. Sy boekrak kreun onder al die kennis en sy woordeskat strek van die vlaktes van die Noord-Kaap tot die ruigtes van Natal.

Neem ʼn stukkie van dié kreatiwiteit saam met jou huis toe met hierdie rekenaartas van egte leer. Dit kan gebruik word as ʼn boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of selfs ʼn handsak.

Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy.

Koop dié boektas van egte leer nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00

Sanet se egte leersak

Sy het teatergehore en fliekgangers gaande. Sy kan enige karakter laat lééf en haar persoonlikheid is aansteeklik. Haar talent is ongekend en haar liefde vir Afrikaans maak van haar ʼn skat vir ons moedertaal. Met hierdie egte leer-boeksak sal jy ook lyk soos ʼn wafferse glanspersoonlikheid.

Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy.

Koop dié sak van egte leer nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00

Tannie Marietjie se handsak van egte leer

Tannie Marietjie se handsak van egte leer

Sy kan hoër sing as ʼn klavier en het al meer staande gehore gehad as ʼn laerskoolkoor in Durbanville. Sy is so deel van Afrikaanse kultuur soos pannekoek en melkkos. Dié egte leer-handsak is so goed soos ʼn paar note musiek wat jy saam met jou huis toe vat vir inspirasie.

Hierdie elegante handsak is ideaal vir elke dag se gebruik, met genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat jy by jou wil dra.

Koop dié handsak van egte leer nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.